Wees op die uitkyk vir die volgende Senwes Scenario




In hierdie uitgawe fokus ons op die Schweizer-Reneke distrik met Senwes se bedrywighede hier met die areafokus sowel as kollig insetsels wat oor die gebied en sy mense handel. Ons fokus op sleutelpersone van Senwes in die area en het dan was daar ook ‘n draai gemaak by Pietsap van Rensburg en sy indrukwekkende versameling John Deere modeltrekkers. Besoek was ook vroeër afgelê by SAMTA (Suid-Afrikaanse Modeltrekker Assosiasie) wat onlangs naby Bothaville saamgetrek het.
 
Ons het ook ‘n hele paar insetsels van Senwes kundiges soos planttyd is hier van senior agronoom, Gerrit Oosthuizen asook ‘n insetsel om jou mielieverdienste deur plaasvoerkraal te verhoog wat die bestuurder van Senwes Landbou-ekonomiese Dienste, Johan du Toit geskryf is. Dan kan u uitsien na die normale rubrieke van senior graananalis, Thys Grobbelaar asook Safex makelaar, Susari Geldenhuys, om net ‘n paar op te noem.
 
Senwes was ook die hoofborg van die onlangse Bultfontein Boertjiefees en ons vertel lesers ook van die hope krieketaksie wat in die 2017/2018 seisoen by Senwespark in Potchefstroom gaan plaasvind. Lees hieroor en nog baie meer in die Oktober/November 2017 uitgawe van Senwes Scenario.