AgriRewards state beskikbaar




Al wat geregistreerde lede moet doen om hulle state te besigtig is om op hulle profiel by www.agrirewards.co.za in te teken, op hulle naam, en dan op resultate te kliek.
 
Die lojaliteitskema het vanjaar op graanlewerings gefokus. Die berekening van die uitgestelde bonusse is gebaseer op graanlewerings vanaf 1 Mei 2016 tot 30 April 2017. Die direksie het gedurende April 2017 ‘n bedrag van R54/ton toegeken aan alle klante wat gedurende die finansiële jaar graan by Senwes gelewer het en wat vir die skema geregistreer het.
 
Die rekords vir die tonne wat u gedurende die finansiële jaar by Senwes silo's gelewer, sowel as die uitgestelde bonusse, kan besigtig word op die webtuiste www.agrirewards.co.za.