Die belang van produksielekke op die herbesettingspersentasie van eerstekalf-koeie en -verse




Omdat die eerstekalf-koei na kalf ook nog groei, het sy ’n hoёr voedingsbehoefte as volwasse vleisbeeskoeie. Dit is hier waar boere die meeste geld verloor met lae herbesettingspersentasies. ’n Eerstekalf-koei wat 400 kg weeg, se proteїenbehoefte is ongeveer 1 kg per dag om voldoende groei en kondisie met herbesetting te verseker. Hierteenoor sal dieselfde volwasse koei 860 g proteїen/dag benodig en ’n droё koei slegs 530 g proteїen/dag.


Navorsing in Suid-Afrika het bewys dat die herbesettingspersentaseie met 20% verskil tussen koeie wat kalf met kondisiepunt 2 vs 3.5 op ’n skaal van 1 (brandmaer) en 5 (vet). So, dit is krities belangrik dat jou beeste gedurende hierdie laaste gedeelte van die winter hul kondisie handhaaf.


Die piekmassa van koeie aan die einde van die somer het ook ’n baie groot invloed op die massaverandering wat deur die winter sal plaasvind. Hoe laer die begin wintermassa, hoe laer sal die massa wees aan die einde van die winter, wat dan die proses van herstel by die koei sal vertraag en die waarskynlikheid vir suksesvolle dekking na kalf verminder. Indien die weidingskwaliteit vroeg in die herfs verlaag en die koei toon dat die piek massa laer en te vroeg gaan wees, moet ‘n produksielek soos Molatek Kondisielek (V17730) of die onderhoudslekke, Molatek Proteïenlek (V16048), Wenlek, (V14344) en Dryveldlick (V20820) 50:50 vermeng met graan aan die koeie gevoer word. Sorg moet egter gedra word dat verse en koeie in laatdragtigheid 200 - 250 g proteïen, afhangende van raamgrootte en weidingskwalieit, in die laat winter ontvang.


Die proteїen verskaf aan groeiende, dragtige eerstekalf-verse moet bestaan uit ‘n verhouding van proteïen vanaf nie-proteïen stikstof (NPN) en natuurlike proteїen, omdat die natuurlike proteïen soos vanaf katoen-oliekoek, help met raamgroei. Die gebruik van natuurlike proteïen in lekke is veral voordelig vir jong groeiende diere en vir koeie tydens dragtigheid en laktasie. Molatek kombineer byvoorbeeld natuurlike proteïen met NPN in Molatek Kondisielek (V17730), wat vir jong groeiende diere vir die volle duur van die winter gegee kan word, asook vir laatdragtige koeie aan die einde van die winter wanneer die koeie se aanvullende  proteïenbehoefte hoër is. In laat dragtigheid is dit nie net proteïen- en energiebehoeftes wat verhoog nie, maar die koei se spoormineraalbehoeftes neem met 40% toe a.g.v. die fetus se behoeftes. Kalwers wat gebore word met spoormineraaltekorte het ook ’n verlaagde weerstand teen bakteriese infeksies en vrek makliker binne die eerste drie maande na geboorte.


Dit is uiters noodsaaklik dat die eerstekalf-koei die korrekte kondisie bereik of behou (kondisiepunt minimum 2.5 en ideaal 3.5) na kalf, wat sal verseker dat sy suksesvol herbeset sal word.  Indien sy nie die korrekte kondisie/massa bereik met dek nie, is dit ‘n direkte verlies van ‘n kalf asook die koste om die dier vir ‘n verdere jaar op die plaas te moet dra.


Die oorslaan eerstekalf-verse kan ook onmiddelik uitgeskot word indien die persentasie wat nie dragtig is binne die groep, nie te hoog is nie en in die omgewing van 15% is. Hier kan dit dui op diere wat minder gehard en aanpasbaar is by die spesifieke plaasomstandighede, wat kan dien as ’n goeie seleksiehulpmiddel.


Voorkom lae kalfpersentasies by eerstekalf-koeie deur:

  • Voldoende fosfaat in die somer te verskaf. 6 - 12 g/bees/dag. Gebruik Molatek Foslek (V16059) teen 120 – 240 g/koei/dag of Fosblock (V22502) teen 100 – 200g/koei/dag.
  • Dek verse, indien moontlik, ‘n maand voor die res van die kudde, sodat hulle ‘n langer herstelperiode sal hê voor hul weer gedek moet word die tweede keer. Neem egter sorg met die stelsel, want dit is ook nie altyd prakties moontlik binne ’n plaasopset nie, aangesien die tydperk totdat voldoende groenweiding beskikbaar is, dan baie langer is en moet groter hoeveelhede produksielek verskaf word.
  • Verskaf  Molatek produksielekke soos hierbo aanbeveel aan dragtige verse wat ook nog groei, minstens vanaf Augustus tot minimum ’n maand na die eerste goeie somerreën. Daar kan met die produksielek volgehou word indien die kondisiepunt laer as 3 gaan wees met dektyd. Onthou, die eerstekalf vers weeg met kalwing ± 85% van haar volwasse liggaamsmassa.
  • Kruipvoer vir eerstekalf-koeie se kalwers sal ook massaverlies by koeie beperk, omdat die kalf minder melk benodig en daarmee saam kan kalwers dan ook vroeёr gespeen word.
  • Korrekte weidingsbestuur moet ook altyd toegepas word. 

Die fokus met lekaanvullings moet wees om dit as 'n volledige stelsel te benader en nie te kompartementeer in seisoene nie. Pas jou stelsel aan by veranderde voedingsomstandighede.