Die volgende Senwes Scenario fokus op vee




Sodoende berig ons ook in die uitgawe oor verskeie temaverwante artikels soos vervangingsverse wat beskryf kan word as die belangrikste bateklas op jou plaas wat deur ons Hinterland Vee-oplossingsbestuurder, Phillip Lee geskryf is. Verdere interessante artikels sluit in die voeding en versorging van ramlammer deur Giepie Calldo van die Peritum Agri Instituut, ruvoer in die voerkraal deur dierevoedingskundige Dr Kobus Swart met ons eie Senwes Groep Uitvoerende Bestuurder: Innovasie en Geïntegreerde Oplossings, Martin van Zyl wat oor die Digitale Renaissance in die vleisbedryf skryf.

Ons is ook nou wintertyd en Senwes Equipment Bestuurder Meganisasiedienste, Jacques Pretorius vertel hoe hulle die winter reg is vir produsente, dan is daar wintertuinwenke van Dons Jordaan, die Bastion Groep Bemarkingsbestuurder.

Ons berig ook oor Senwes Graanmakelaars se oomblik van roem met die Senwes markverslag wat weeksdae om 05:45 op OFM radio uitgesaai word. Dan was daar ook die rekord reënval van 188.7mm tydens Aprilmaand in die tradisionele Senwesgebied. Ons doen dan ook verslag oor Senwes by Nampo 2019 asook die interessante politieke gesprekke tydens die verfilming van die Nasie in Gesprek.

Die areafokus die keer fokus op Petrusburg waar ons met takbestuurder Lourens Brand gesels en ons het ook ‘n draai by die Sens Grainlink silo gemaak. Het jy geweet? Die geografiese middelpunt van Suid-Afrika is by Emmaus net buite die dorp. Interessant!

In terme van top produsentfokus val die kollig vierkantig op Johan Myburgh wat tussen Petrusburg en Edenburg boer.  Ons fokus da nook op die wenners van die onlangse Vrystaat Jongboer van die Jaar, Herman Janse van Rensburg asook die NW Jongboer van die Jaar, Dawie Rothmann. Dit tesame met ons gereelde rubriekskrywers se skrywes is dit alles dié keer op die spyskaart.

So, lees hieroor en nog baie meer in die Junie / Julie 2019 uitgawe van Senwes Scenario wat jy eersdaags in die pos sal ontvang. Indien jy nog nie ingeteken het nie, besoek gerus die volgende skakel http://www.scenario.co.za/af-ZA/teken-in.