Dis vlieg tyd met Hinterland




 Jy probeer om die huis skoon te hou, die asblik dikwels leeg te maak en rommelsakke styf toe te knoop, maar maak nie saak hoe baie moeite jy doen nie, soms is daar nog steeds die verleentheid van gaste wat maaiers sien uitkruip iewers waar jy sweer jy net gister skoongemaak het. Met jou hande in jou hare, vra jy wat gedoen kan word? Ons het die antwoord. Vlieë is nie net ‘n irritasie nie, hulle dra siektes van plekke waaraan jy nie wil dink nie en versprei dit deur middel van jou kos en werksoppervlakke. Kom ons oorweeg die opsies ter wille van jou gesin se gesondheid.Vlieëbeheer is gebaseer op vier beginsels, ruimtespuite, residuele sproei, lokaas en lokvalle. Vir die mees doeltreffende beheer kan al vier beginsels saam toegepas word, kom laat ons kyk na elkeen:
 
Ruimtespuite
Dikwels beskou as die mees die effektiewe metode van vlieëbeheer. Vlieë word aan die produk blootgestel in vlug, terwyl hulle die aktiefste is, dus word die produk vinniger geabsorbeer. Dit skep ook ‘n afweringseffek om nuwe vlieë uit die behandelde area te hou. Coopers Ultramatic Fly Killer, wat geformuleer is met natuurlike bestanddele (wat dit veilig maak vir gebruik in kombuise, ens.), moet gebruik word met behulp van die Coopers Eco Dispenser, om eweredige verspreiding te verseker. Dit is baie belangrik om die afweringseffek te skep. Een kannetjie sal ‘n maand duur en tot 180m3 behandel.
 
Residuele Sproei
‘n Langer periode van beheer, wat basiese toerusting (soos ‘n sproeibottel en handskoene) vereis, kan hoogs effektiewe resultate lewer. Die produk word gemeng met water en liggies gespuit op die areas waar vlieë rus. Dit sluit in vensters, dakwaaiers, asblikke, ens. Coopers Ultrakill Wettable Powder kom in gerieflike 5g wateroplosbare sakkies, wat kontak met die insekdoder verminder en in eenvoudige 1ℓ spuitbottels, wat geredelik beskikbaar is, gebruik kan word. Onthou om altyd hierdie houers ná gebruik te perforeer en plat te trap. 
 
Lokaas
Hierdie metode behels óf ‘n bron van voedsel of ‘n voorplantingslokmiddel wat die vlieg na die insekdoder trek en waar hulle dan in aanraking daarmee kom of dit inneem. Coopers Ultrakill Fly Bait maak gebruik van albei metodes in een produk en het vier eenvoudige aanwendingsmetodes. Kies die een wat die beste vir jou werk en geniet die resultate. 
 
Lokvalle
Soms beskou as morsig, het lokvalle steeds hul plek. Hulle word gesien as die opstel-en-vergeet-metode, en lewer goeie resultate. Flyzone Disposables is maklik om op te stel en kan eenvoudig weggegooi word ná gebruik. Of as jy vertroud is met die produk, spaar ‘n bietjie geld en koop die herbruikbare eenhede.