Goeie graanvloeie verseker ses-maande resultaat




Die balansstaat het, ten spyte van ‘n hoër kredietboek, goed presteer en die eiekapitaalverhouding van  42% (2017 : 36%) is goed geposisioneer binne in die gestelde kaviaat van 35% - 45%.

Die gronddebat, tesame met politieke onsekerheid, het sakevertroue in die bedryf geknou en produsente het hul investering en spandering in die sektor teruggetrek. Senwes het nie hiervan ontsnap nie en die impak hiervan is die duidelikste sigbaar op die spandering aan landboutoerusting.  Voeg hierby ‘n opbou van mieliesurplusse oor die afgelope twee seisoene en ‘n onder-gemiddelde voorseisoenreënval, dan is daar groter uitdagings in die huidige seisoen.

Positiewe kontantvloei van R152 miljoen is egter uit bedryfsaktiwiteite gegenereer na ‘n betaling van ‘n finale dividend van R47 miljoen vir die 2018 finansiële jaar, sowel as finansieringskoste betaal ten bedrae van R99 miljoen. Rentedekking van 3,5 keer is beter as die vorige jaar en gemaklik binne die finansieringskaviate.   

Ander finansiële indikators in vergeleke met die ooreenstemmende periode van die vorige jaar:

  • EBITDA het met 1,5% verhoog, vanaf R330 miljoen na R335 miljoen.
  • Die netto batewaarde het met 11,2% verhoog, vanaf R12,27 na R13,65 per aandeel.
  • Dividendopbrengs op gemiddelde markprys het gestyg vanaf 2,4% na 3,0%.
  • Opbrengs op openingsekwiteit het vanaf 7,3% tot 7,1% (nie geannualiseer nie) verlaag.
  • Die wins voor belasting van die verskillende segmente is soos volg:
  • Marktoegang het met 2,0% verhoog, vanaf R152 miljoen tot R155 miljoen.
  • Insetverskaffing het met 41,2% verhoog, vanaf R17 miljoen tot R24 miljoen.
  • Finansiële dienste het met 23,9% verhoog, vanaf R67 miljoen tot R83 miljoen.
  • Vooruitsigte
  • Die tweede helfte van die jaar sal waarskynlik moeiliker wees weens laat voorseisoen reën asook kleiner as verwagte spandering aan kapitaalgoedere.
  • Dividendverklaring

‘n Tussentydse dividend van 30 sent (2017 : 27 sent) per aandeel is verklaar. Die laaste dag vir verhandeling, sowel as die rekorddatum, is 12 Desember 2018. Dividende sal op 13 Desember 2018 betaal word, netto van dividendterughoubelasting waar van toepassing.

Vir die verhandeling van Senwes aandele, besoek www.zarx.co.za.