Herfs kommandowurm opvolg




Die wurm, wat van die tropiese en sub-tropiese streke in Amerika afkomstig is, het oor die afgelope twee jaar sy verskyning regoor Afrika en in die oostelike en sentrale gedeeltes van Suid-Afrika gemaak. Die herfs kommandowurm vreet hoofsaaklik gras en kleingrane soos mielies, maar daar is bevestig dat dit meer as tagtig verskillende soorte plante vreet. Suid-Afrikaanse produsente word aangeraai om aan die reëls en regulasies te voldoen wat in plek is om die herfs kommandowurm te beheer ten einde die verspeiding en skade wat deur die pes aangerig word, te beperk. 

Ten einde die verspreiding van die herfs kommandowurm regoor die Afrika kontinent te bekamp, het internasionale kundiges 'n nuwe en uitgebreide geïntegreerde pesbeheergids (IPM) vrygestel om boere te help met bekamping van die beheer van hierdie pes.

Benewens alle ander pogings om die omvang van die skade wat deur die herfs kommandowurm aangerig word te bekamp, het die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie 'n mobiele toepassing, FAMEWS (Fall Armyworm Monitoring & Early Warning System) geloods om boere en landbouvoorligters te help om inligting te versamel en op rekord te plaas terwyl hulle lande besoek en feromoonlokvalle vir herfs kommandowurm nagaan. 

Die idee is dat die toepassing gebruik sal word deur Afrikalande wat deur die pes geaffekteer word. Vir meer inligting oor die toepassing, besoek e-agriculture.org