Hinterland en Senwes samel water in vir droogtegeteisterde gebiede




Hinterland 

Hinterland het intussen ook hul eie inisiatief geloods en samel ook water in vir die Senekal gemeenskap, waar Hinterland 'n Afgri Town & Country tak het.

Drinkwater sal na die Senekal tak gestuur word, wat dit weer in die gemeenskap sal versprei waar daar nood is.

Belangrik! Hoe werk dit?

Neem enige aantal liters gebottelde water na jou naaste Hinterland tak.  Die bottels moet verseël wees om te verseker dat minderwaardige (kraan of ander) water nie vir menslike verbruik aangewend word nie - dit kan tot siektes aanleiding gee. Lewer asseblief u skenking af by u naaste Hinterland tak.  Dit sal na Senekal tak geneem word en in die gemeenskap versprei word.

Baie dankie dat u hierdie verdienstelike inisiatief ondersteun.

Navrae kan gerig word aan Earl Smiles by 018 462 8533 of e-pos hom by Klerksdorp.takbestuurder@hinterland.co.za
 

Senwes

Senwes personeel het begin om water te skenk en af te lewer by Senwes hoofkantoor in Klerksdorp, wat dit gedurende die eerste twee weke van die veldtog via Bloemfontein na Brandfort geneem het en via Odendaalsrus na Welkom. Gedurende die derde week in Januarie het Winburg ook baie welkome water ontvang.  Volgens Roelien Moolman sal water elke week na 'n ander gebied waar daar nood is, geneem word.
 
Die organiseerders wil graag alle werknemers wat water geskenk het bedank en wil in besonder die Graanverkrygingsafdeling bedank vir die logistieke reëlings.  Meer as 250 liter water word weekliks deur personeel geskenk. 

Belangrik! Hoe werk dit?

Neem enige hoeveelheid verseëlde bottels water na vlak K1 by Senwes hoofkantoor in Klerksdorp en merk die bottels duidelik met DW om aan te dui dat dit drinkwater is.  
 
Navrae kan gerig word aan Roelien Moolman by 018 464 7517 of e-pos haar by roelien.moolman@senwes.co.za.