Hoe om te verseker dat jou toerusting die winter oorleef met Ferdie Pieterse




  • Maak jou brandstoftenk vol na elke skof. Dit verseker dat jou brandstof nie besoedel raak deur waterkondensasie nie, aangesien dit die enjin sal beskadig. 
  • Gebruik die regte middels om die kwaliteit van die brandstof te verbeter.
  • Beskerm jou verkoelingstelsel met die aanbevole vrieswerende produkte - dit verlaag die kanse dat die vloeistof sal vries. 
  • Hou jou batterye altyd warm en vol gelaai. 
  • Hou jou bande styf gepomp. 
  • Gebruik die regte smeermiddels volgens die OEM-spesifikasies.
  • Doen visuele inspeksies vir lekkasies en ander skade.

Maak onderstel skoon voor die toerusting gestoor word om roes te voorkom.
As niks werk nie, kontak die Senwes Equipment noodlyn by 018 464 7342.