Iets vir almal by Senwes Grainlink se stalletjie




Kom kyk na ons skaalmodel van ’n silokompleks en geniet ook ’n 360 virtuele realiteits toer deur ’n silo om die graanhanteringsaktiwiteite te ervaar. Ons kundige graanverkrygers sal u oudergewoonte van advies bedien en die nuutste graanpryse en verwagte tendense met u bespreek.

Verder is die gewilde markspeletjie terug. Kom speel saam en staan ’n kans om een van vier handige weerstasies te wen. Hierdie toestelle monitor onder andere reënval, temperatuur en humidi­teit 24 uur per dag, terwyl die data elektronies bewaar en afgelaai kan word.

Met die hedendaagse stortvloed van toepassings, webblaaie en ander besigheidsapplikasies, bied ons ’n gerieflike hulpmiddel in die vorm van QR-kodes wat jou direk na die verlangde applikasie sal neem. Ons vriendelike span staan reg om jou behulpsaam te wees met die opstel en gebruik van hierdie nuttige tegnologie.

Ons nooi jou uit om ons stalletjie te besoek en al die interessanthede te kom geniet.