In die volgende Senwes Scenario




Op die voorblad pryk ons eie Senwes Hoof Uitvoerende Beampte, Francois Strydom asook die Hoof Uitvoerende Beampte van ZAR X, Etienne Nel tydens ‘n spoggeleentheid toe Senwes en Senwesbel in Februarie die eerste maatskappye geword het wat op Suid-Afrika se eerste addisionele effektebeurs genoteer het.

In dié uitgawe is daar ook die gebruiklike Nampo berigte met ‘n fokus op Toit Wessels wat vir die eerste keer die hooforganiseerder by Nampo is. Dan berig ons ook oor al die nuwighede by Nampo in 2017, waar hulle die volgende 50 jaar aandurf. Ons het ook die volledige damesprogram in dié uitgawe, wat na ʼn afwesigheid van ʼn paar jaar weer sy terugkeer by hierdie landbouskou maak.

Ons fokus is op Viljoenskroon en in Kollig fokus ons op staatmaker produsent in dié omgewing, Paul Maré. Lees hieroor en nog baie meer in die April/Mei uitgawe van Senwes Scenario.