In die volgende Senwes Scenario




In hierdie uitgawe fokus ons op die Klerksdorp distrik met Senwes se bedrywighede hier. Ons fokus op die tak, hoofkantoor, silo’s in die omgewing en ‘n paar interessanthede oor die stad en area word vertel in areafokus. En in kollig fokus ons op die die Senwes produsent, Theuns Britz wat net anderkant die Vaalrivier boer. In ‘n uitvloeisel van ons vorige areafokus in Schweizer-Reneke, fokus ons ook op Pietsap van Rensburg se indrukwekkende versameling John Deere modeltrekkers.
 
Ons fokus op die Klerksdorp tak en sy bestuurder Earl Smiles asook ander sleutelpersone van Senwes in die area. Daar is ook ‘n interessante artikel oor die ondersoek na die impak van landboubewaringspraktyke op grondgesondheid as belangrike faktor in volhoubare droëland-mielieproduksiestelsels op semi-droë sanderige gronde met watertafels in die Noordwestelike Vrystaat.
 
Dan kan lesers ook uitsien na die gebruiklike rubrieke van senior graananalis, Thys Grobbelaar asook Safex makelaar, Susari Geldenhuys. Senwes se unieke Kersboomprojek is ook onlangs aangebied. Daarby het ons Senwes uitgawes ook ‘n paar toekennings by die afgelope SAPF se toekenningsfunksie ontvang.
 
Senwes Scenario het ook navorsing gedoen om vir jou ons leser ‘n nog beter produk op die tafel te sit wanneer jy die volgende Senwes Scenario in April/Mei 2018 sal ontvang. Lees hieroor en nog baie meer in die Desember 2017/ Januarie 2018 uitgawe van Senwes Scenario.