In die volgende Senwes Scenario




In die wintermaande kan jy uitsien na ‘n uitgawe wat fokus op dieregesondheid en voeding. In die vorige uitgawe was Oos-Londen die fokusgebied maar hierdie keer fokus ons op Wolmaransstad wat spog met ‘n splinternuwe tak, skaars ‘n klipgooi van die ou tak. Ons het egter nie vergeet van die Oos-Kaapse Senwes Equipmenttakke nie omdat die amptelike opening van Aliwal-Noord, Ugie en Oos-Londen onlangs plaasgevind het.

Die fokusprodusent in Wolmaransstad is Buks van Wyk soos hy met ons gesels oor sy gemengde boerdery wat ook 50% uit diamantdelwerye bestaan. Ons gaan loer ook in by Pini Jan Kgosimore en Sophie Dikeledi Mabaso van die plaas Mafabatho in Wesselsbron wie danksy hulle verbintenis met Senwes daarin geslaag het om ‘n ommekeer op hulle plaas teweeg te bring.

Na die onlangse Nasie in Gesprekreeks waar daar op Taaibosch Varkboerdery gefokus was, vertel CP en Gerda Kriek ons die keer meer oor die varkboerdery in geheel.

Die gereelde jagartikel van Jan-Lodewyk Serfontein is ‘n ou gunsteling en in die uitgawe het hy ‘n paar wenke om van die spoke tydens jagseisoen te vermy.

Hansie Swanepoel van Senwes Grainlink en Frans Dreyer, Bestuurder van Graanmakelary skryf weer in die uitgawe asook ons uitvoerende bestuurder van Innovasie en Geïntegreerde Oplossings, Martin van Zyl, wat skryf oor hoe presisie-oplossings die uitdagings rakende lewende hawe kan oplos – dit is net enkele van die dinge waarna lesers kan uitsien.

Vir hierdié en nog talle meer interessanthede, kyk uit vir die volgende uitgawe van Senwes Scenario, wat julle in Junie sal ontvang. Indien jy nog nie ingeteken het nie, besoek gerus die volgende skakel teken in