Nasie in Gesprek vra ‘Hoe kan ons die platteland laat herleef?’




Chris het die prentjie van mislukte plattelandse dorpies geskets, waar kwessies soos swak regering, migrasie en sosio-ekonomiese faktore tot verwoesting en noodsituasies gelei het, wat ‘n realiteit vir baie klein dorpies geword het.

Theo verduidelik hoe daar eintlik groter demografiese faktore ter sprake is, waar klein besighede soos winkeleienaars ook van klein dorpies na die groot stede beweeg, maar die vakuum word gevul deur kleiner rolspelers soos “Ehiopiërs en Somaliërs.”

Requier het gesê vir die situasie om in dié dorpies te verander, moet die groot dryf van plaaslike gemeenskappe self kom en dat die strategie op plaaslike vlak geformuleer moet word om volhoubaar te wees.

Die paneelgesprek het ‘n donker prentjie geskets. Maar Mohammed het almal daaraan herinner dat die “politieke klimaat verander het en dat daar ‘n wil is om saam te werk om saam na oplossings te soek. Kom ons identifiseer een of twee proefprojekte en maak ‘n verskil en kom volgende jaar terug en lewer verslag daaroor,” het hy gesê. Die organisasie waaraan Mohammed behoort, die In Transformation Initiative, wat Roelf Meyer insluit, is instrumenteel om President Cyril Ramaphosa te adviseur, om groeiende strategie en inisiatiewe te formuleer.

Chris het van die beter verhale gedeel oor die inisiatiewe waar gemeenskappe saam gekom het om effektiewe oplossings en toekomsstrategieë te vind in plekke soos Harrismith en Kenton-on-Sea.

Gedurende die gehoordeelname het ‘n lid van die gemeenskap en inwoner van Lichtenburg sy frustrasie gedeel, asook die toestande waaronder hulle leef en besigheid gedoen word, en hoe ‘n dorp soos Coligny saamgekom het om oor raslyne oplossings te vind wat werkbaar is.

Indien u ooit gewonder het oor die toestand van die platteland, maak hierdie sessie van Nasie in Gesprek jou oë oop en ontbloot nie slegs die slegte gedeeltes, soos die ineenstorting van gemeenskappe nie, maar ook die oplossings en strategieë wat geïmplementeer kan word sodat ‘n herlewing in die platteland kan plaasvind.

Moet dit nie misloop nie en besoek www.nasieingesprek.co.za sommer nou!

Follow the conversation: www.youtube.com