Oestyd - Is Metingstyd - Voedselnaspoorbaarheid regdeur diewaardeketting




Oor die afgelope paar jaar het die publieke mening aansienlik verander oor die belangrikheid van deursigtige voedselinligting. Dit blyk dat die publieke vertroue in die voedselverskaffingsketting aansienlik verlaag het. Wat sal die effek van hierdie verandering op die korttermyntoekoms van voedselnaspeurbaarheid wees? Die Internasionale Voedselinligtingstigting (IFIC) sê die volgende:

“Verbruikers wil weet hoe hul voedsel geproduseer word, waar dit vandaan kom en die kwaliteit van die bestanddele daarvan. Hulle het ook meer omvattende vrae oor omgewingsvolhoubaarheid en baie wil handelsmerke hê wat met hul breër sosiale waardes belyn.”– IFIC

DIE EFFEK VAN TEGNOLOGIE EN DIE MEDIA

Diegene wat die media dophou, kan dink dat die aantal uitbrake en voedselbedrog oor die afgelope jare verhoog het. Die realiteit is egter die volgende:

Danksy tegnologiese vordering, goedkoper en meer akkurate inspeksieresultate, word meer gevalle van besmetting geïdentifiseer.

Intussen het aanlyn mediatoegang en opvallende opskrifte verhoogde verbruikersaandag tot gevolg. Tesame met die grootskaalse deel van inligting op sosiale media, versprei hierdie artikels blitsvinnig.

Mense sien eenvoudig meer gevalle wat blootgestel moet word en, as gevolg van emosionele joernalistiek, groei hul ontevredenheid vinnig.

Google soektogtendense dui aan dat wanneer daar 'n uitbraak gepubliseer word of wanneer voedselbedrog blootgelê word, daar 'n enorme toename in verwante soektogte is. Dit lyk of verbruikers verward raak oor voedselverwante inligting. In 'n opname het 80% van verbruikers aangedui dat daar 'n groot mate van teenstrydige inligting is oor wat om te eet en wat om te vermy. Daar word verwag dat hierdie tendens sal voortduur in 2019, aangesien die media sien dat mense aktief reageer op hierdie onderwerpe en dat die aantal potensiële gevalle meer word. Dit skep 'n aanvraag vir tegnologiese oplossings wat duidelike produkinligting verskaf.

BLOCKCHAIN WEN GROND

Gedurende 2018 het verskeie Blockchain-oplossings in die landbouwaardeketting hul verskyning gemaak in 'n poging om die huidige verbruikersontevredenheid aan te spreek. Alhoewel blockchain nie alle probleme op sy eie kan oplos nie, is dit 'n belangrike stap in die regte rigting. Daar word geglo dat voedselnaspeurbaarheid op die drumpel van 'n tegnonogiese skuif op elke front is:

Dataverkryging

Internet of Things (IoT)-tegnologie word goedkoper, meer betroubaar en makliker om te gebruik, wat meer take, van gewigsmeting tot temperatuurmonitering, vervang. Dit sal "vertrou minder" (trust less) dataverkryging tot gevolg hê.

Data-analise

Kunsmatige intelligensie en groot data-tegnologie sal voedselmaatskappye en owerhede in staat stel om verskafferskettingaktiwiteite deeglik te analiseer ten einde enige afwykings te identifiseer.

DATAPROSESSERING EN -OPBERGING

Blockchain-gebaseerde dataprosessering en die onveranderlike verspreide grootboektegnologie (ledger technology) sal met die “trust less”-verskafferskettingidee kompeteer, waar daar op geen enkele maatskappy of persoon vertrou hoef te word om te verseker dat die data eg en korrek is nie.

Verkort van oorspronklike artikel: https:// medium.com/te-food/ Vir meer inligting : https://medium.com/te-food/foodtraceability-trends-to-watch-in2019-179a00b3b625