Peer-en pekanneutkoek




BESLAG

125 g fyn pekanneute (kyk vir pekanneutmeel by 'n bakwinkel)
345 ml (190 g) meel
knippie sout
155 g botter
95 ml strooisuiker

VULSEL

1 blik (825 g) pere, goed gedreineer
1 blikkie karamelkondensmelk
250 ml room
5 ml vanielje
2 e strooisuiker

METODE
  1. Meng botter en strooisuiker goed saam.
  2. Sif meel en fyn pekanneute by bottermengsel tot ’n deeg gevorm is.
  3. Bedek en plaas 30 minute in die yskas.
  4. Verdeel deeg in 3 gelyke dele.
  5. Trek 3 sirkels van 22-24 cm in deursnit op bakpapier of foelie wat gespuit is.
  6. Druk egalige laag deeg in elke sirkel.
  7. Bak 10-12 minute by 180°C tot mooi goudbruin.
  8. Hanteer die koeklae met behulp van ’n plat skyf. Dit sal help dat dit nie breek nie.
  9. Laat afkoel.
  10. Smeer nou ’n lagie kondensmelk op elkeen van die koeklae.
  11. Sny die goed gedreineerde pere in plat skyfies.
  12. Klits die room met die vanielje, 'n knippie sout en strooisuiker totdat dit vorm hou.
  13. Plaas nou een koeklaag op ’n opdienbord, pak ’n lagie pere op en smeer ’n derde van die room op.
  14. Plaas ’n tweede koeklaag op, herhaal pere en room.
  15. Plaas die derde koelaag op en bedek met laaste derde van room.
  16. Versier verder soos verkies.