Proe ‘n bietjie aan ‘n Porchetta

Wat is Porchetta?

Porchetta is ‘n geliefde Italiaanse varkvleisgereg. Gevul met ‘n geurige vulsel asook vinkel en knoffel, netjies toegerol in ontbytspek, oondgebak tot murgsag en lekker bros.

Stel jouself voor, straatfeeste, platteland, lekkerste geregte waar oud en jonk vir ure lank kuier, dans, drink en skinder. Dan word Porchetta van die hele ontbeende varkkarkas gemaak, vir ure op ‘n spitrooster gaargemaak met die wonderlike geur van spek, varkvleis en knoffel in die lug.

*Maar dit kom egter met ‘n waarskuwing. As jy dit eenkeer gemaak het, sal Porchetta vinnig tot heel bo op jou lysie van onthaalgeregte styg.

Porchetta met ‘n varkblad

(lewer ten minste 8 - 10 porsies)

Bestanddele

Een 2.5 kg – 2.8 kg varkblad (ook varkskouer genoem).

Die been moet vooraf verwyder word en die buitenste vel (maar nie al die vet nie) moet afgesny wees.

Vra jou slagter om’n lagie vet van ten minste 10 mm aan te los.

Sout en varsgemaalde peper.

100 ml botter.

2 - 4 vinkelknolle, in dun repies opgekap.

4 - 5 knoffelhuisies, gekap.

1 x pakkie bruin sampioene, gekerf.

4 - 6 skyfies gerookte ham (opsioneel), in kleiner blokkies gesny.

250 ml sagte broodkrummels.

125 ml fyngerasperde parmesaankaas.

500 g gestreepte ontbytspek.

60 ml olyfolie.

500 ml witwyn of hoenderaftreksel (of ‘n mengsel van wyn en aftreksel).

‘n Paar takkies vars tiemie en roosmaryn.

Metode

Voorverhit die oond tot 200°C.

Sit die varkblad met die vetkant na onder op ‘n groot werksoppervlakte of houtplank.

Kap die varkvleis effens plat met ‘n vleishamertjie of die kant van ‘n piering om ‘n werkbare plat fatsoen te kry.

As dit nodig is, maak insnydings met ‘n skerp mes aan die binnekant van die vleis om ‘n eweredige plat stuk vleis te verkry.

Geur die vleis goed met sout en peper.

Verhit die botter en braai die vinkel, knoffel en sampioene tot sag.

Verwyder die pan van die hitte en roer die hamblokkies, parmesaankaas en broodkrummels by die vinkelmengsel.

Geur met sout en peper.

Meng liggies om ‘n hanteerbare vulsel te vorm.

Versprei die vulsel egalig oor die stuk vleis en rol dit op.

Drapeer spekrepe bo-oor en druk die los punte van die spek onder die rol in.

Bind dit vas met kombuistou.

Verf olyfolie bo-oor.

Sit die varkvleisrol in ‘n oondpan met die gelaste deel na onder.

Skep die aftreksel in die pan en strooi takkies tiemie en roosmaryn bo-oor die vleis en onder in die pan.

Rooster oop teen 200°C vir 10 - 15 minute en verminder die hitte na 170°C.

Bak dit vir nog 2,5 tot 3 ure en hou dit dop.

As die spek te bruin raak, sit ‘n stuk foelie bo-op neer met die blink kant wat weg van die varkvleis af wys.

Verwyder die varkvleisrol en laat eenkant rus vir 10 minute.

Gooi die pansappe deur ‘n sif en gebruik dit as ‘n basis om ‘n lekker vleissous (of jus) te maak. Verwyder die tou rondom die oondbraaistuk en sny in die dunste moontlike skyfies om voor te sit. Romerige polenta smaak heerlik saam met die porchetta.

Nuttige wenke:

• Die pPorchetta kan ook met ‘n ontbeende varkboud of ‘n beenlose varklies (pork belly) gemaak word.

• Met alle varksnitte vir Porchetta moet die bene verwyder word en die buitenste vel afgesny word. • As die buitenste vel in repies gesny is, druk dit heeltemal droog met kombuispapier. Strooi sout liggies oor, en braai dit in ‘n klein bietjie olie in ‘n pan todat jy heerlike bros repies krakeling het om saam met jou vleis voor te sit.