Senwes daag die nasie uit om hierdie Vrydag, 1 Februarie 2019 te braai vir die boere




Senwes Hoof Uitvoerende Beampte, Francois Strydom het gesê: “Ons (Senwes personeel) sal Vrydag om 15:00 by Hoofkantoor en ons takke braai en personeel het besluit om die vleis met hulle eie geld aan te koop.

Dit spreek van die karakter van beide Senwes en die personeel op wie ons baie trots is. Ek doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaanse maatskappye om hulle personeel aan te moedig om dieselfde te doen ter ondersteuning van ons produsente. Want of jy in landbou is of nie, die waarheid is dat ieder en elke Suid-Afrikaner deel van die landbouwaardeketting is want die voedsel wat ons elke dag verbruik het op ‘n plaas gegroei. Dit gaan hier oor voedselsekerheid. So sluit by ons aan en plaas jou foto’s van jou maatskappy se deelname op sosiale media onder die hutsmerke #braaiviriboere #braai4farmers.”

Kom ons ondersteun ons produsente.

Indien jy wil sien wat op sosiale media gons gebruik die volgende skakels:


Uitgereik deur Senwes Kommunikasie
Kontak: Marlon Abrahams | Kommunikasiebestuurder
Tel 0184647349 • Sel 0764129717