SGS Laboratoriumdienste - Ondersteuning van beter beplanning en bestuur voor en tydens plantseisoen





Watter dienste bied die laboratorium? 

Waterontledings
Ons is almal bewus daarvan dat baie van ons produsente se waterkwaliteit in besproeiingskemas besig is om te ver¬swak en dat dit sodoende ’n negatiewe impak begin uitoefen op produksie. Deur u waterkwaliteit vir besproeiingsdoe¬leindes te laat analiseer, kan beter beplan word om die moontlike nadelige impak vir die komende seisoen beter te bestuur.

Van ons produsente wat boorgate gebruik vir besproeiing, se watersoutin¬dekse het begin styg en die impak op die gewas word duidelik sigbaar wanneer die groeiseisoen redelik ver gevorder is en skade reeds aangerig word.

Skade weens hoë soutinhoud kan beter bestuur word indien vooraf beplan word daarvoor, deur bemestings- en besproei¬ingstrategieë te verander.

Van ons groot riviere se slikinhoud is aan die styg, saam met nutriënte soos nitraat, stikstowwe, ens. Die aanhoudende gebruik van die besproeiingswater veroor¬saak produksieprobleme en dit kan vroeg-tydig aangespreek word. Soos slik toeneem in die bogrond, bereik ons veral op meer sanderige gronde ’n punt waar bogrond slik en klei hoër raak as die grond horison¬taal direk onder dit. Die netto gevolg is:

  • Swakker waterinfiltrasie; 
  • Swakker bogronddeurlugting; 
  • Opbou van grondgedraagde siektes; 
  • Wanbalanse van nutriënte teenoor mekaar; 
  • Oneffektiewe besproeiingskedule
  • Vegetatiewe groei van gewas raak problematies in verhouding tot produksie.

Grondstikstofanalises
Kunsmis is ’n baie duur insetproduk en afhangend van u bewerkingspraktyke (konvensioneel versus geenbewerking), voorafgaande seisoene se bemestingshoeveelhede in balans met dit wat u verwyder het met opbrengs, beïnvloed dit onder andere die oordraagbare stikstof in die grond. Daar word aanbeveel dat u dit elke seisoen voor planttyd ernstig oorweeg om u gronde vir NO3- sowel as NH4+ te laat anali¬seer. Huidige analises vir kliënte in die sentrale produksiegebied toon beskikbare N vlakke in die boonste 40 cm tussen 20 kg/ha N – 150 kg/ ha N. Teen R12-R15 per kg N, kan dit ’n groot impak op u insetkoste hê. Onthou, stikstof kan u grootste vriend, maar ook u grootste vyand wees as dit kom by strooptyd. 

Grondlewe
Die nuwe afdeling by SGS laboratorium ontleed die mikrobiese aktiwiteite in die grond. Die verslag dui aan tot watter mate mikrobiese akti¬witeite in u gronde, kan bydra daar¬toe om nutriënte beskikbaar te stel aan die aangeplante gewas.

Baie nutriënte is vasgelê oor jare en kan weer beskikbaar gestel word. Met dieselfde analise word totale koolstof (voedingsbron vir mikrobe) asook vasgelegde organiese N, ontleed. 

Kunsmisanalises
Dit is altyd ’n goeie praktyk om kunsmis te laat analiseer ter bevestiging dat dit waarvoor u betaal het, wel in die hoeveelhede teenwoordig is. Wanneer moontlike nutriënttekorte op gewasse waargeneem word, is daar alreeds produksieskade, so maak dit deel van u beplanning om periodiek te laat analiseer. Dit is altyd ’n goeie praktyk om kunsmis te laat analiseer ter bevestiging dat dit waarvoor u betaal het, wel in die hoeveelhede teenwoordig is. Wanneer moontlike nutriënttekorte op gewasse waargeneem word, is daar alreeds produksieskade, so maak dit deel van u beplanning om periodiek te laat analiseer.

Blaarontleidings
As daar een ding is wat ons ondervinding as landboukundiges ons leer, is dit om eerder meer gereeld gedurende die groeiseisoen blare te laat ontleed, sodat ons beter inligting het om op te reageer gedurende die groeiseisoen. Nabetragting wanneer klaar gestroop is, word ook as goeie verwysing gebruik om veranderinge aan te bring aan die bemestingsprogram vir die komende seisoen. Daar word ook aanbeveel dat die droë blaaranalises metodiek gevolg word omdat norme op ver¬skilllende groeistadiums baie goed gedokumenteer is in die verband. Tweeweeklikse NDVI beelde word gebruik om inspeksiepunte te identifi¬seer vir ’n meer verteenwoordigende aanbeveling. Vinnige draaityd by SGS laboratorium is van kardinale belang om korrektief op te tree.