Wees deel van die denkpot van die toekoms




Opleiding bied die deurslag vir groei in boerdery en landbou

OM VERANDERING TEWEEG TE BRING
 
Thinking Fusion Africa is ’n maatskappy wat letterlik kapasiteit vir verandering binne organisasies skep, binne jou boerdery. Met programme soos Launchpad en Let’s Go! vir die wat die werksmag betree asook selfontwikkelingsprogramme soos selfleier­skap en afrigtingskursusse, en Leierskap in die Verhoudingsekonomie wat ook vir bestuurders van waarde is. Dit is slegs enkele van die programme wat hulle al by talle produsente aangebied het en waar­mee hulle groot sukses behaal het.

GEDRYF

Uys is een van drie direkteure by Thinking Fusion Africa en is al van jongs af 'n uiters gedrewe persoon. Bedryfsingenieur by Eskom op ’n jong ouderdom, PhD op 27-jaar verwerf en professor op 30 - sy het by die NWU Bestuurskool op navorsing gefokus. Daarna UJ (RAU), waar sy destyds die enigste professor in bedryfsielkunde was. Dit is gevolg deur ’n dekaanskap by Technikon Pretoria, waar sy later hoof van Korporaat Betrekkinge was.

WAT IS DIE DOEL?

“Ek is so trots. Wat presies doen ons? Ons maak ’n verskil in mense se lewens en binne organisasies,” vertel René. Nadat sy uit die akademiese wêreld is, het hulle ’n leierskapprogram vir vroue ontwikkel, Creating Leadership and Personal Capacity in Women. Hulle het dit by groot maatskap­pye soos Sasol en Vodacom aangebied, waar die vrouens gou die mans in hul persepsie uitpresteer het.

In die lig hiervan is leierskapsprogramme vir die verhoudingsekonomie ontwerp waarby alle personeel kan baatvind. Dit word teen die agtergrond van die ver­houdingsekonomie geskryf en gaan basies oor die verbinding van mense in ’n tyd waarin masjiene al hoe meer belangrik word. Op hierdie punt sê René: “Dít is eintlik al wat maatskappye kan gebruik om hulle te onderskei.” Verhoudings tussen mekaar, tussen kollegas, met klante asook met verskaffers is kardinaal.

Die programme bied vir jou as produsent of organisasie ook die geleentheid sodat jy en jou volgers meer selfleierskap openbaar en meer onafhanklik funk­sioneer. In kort: “Dit gee vlerke vir leiers.” Selfleierskap is ‘n baie gewilde program vir enigeen wat nie reeds ’n bestuurder is nie. Essential Leadership Insight word baie in boerderygemeenskappe toegepas en die Leierskap in die Verhoudingsekonomie (Leadership in the Connection Economy) word byvoorbeeld deur Syngenta geborg, waarby meer as 100 produsente al gebaat het en baie bestuurders die voordeel in hulleself en hulle eie mense sien.

FOKUS SELFS OP JONG WERKSMAG

Dit is waarvoor programme soos Launchpad en Let’s Go! geskep is. Vir jong mense wat die werksmag betree. Uit haar navorsing in die mynbedryf is veral gevind dat gemeenskappe wat ongesond is, ongesonde gedrag werk toe bring - met ander woorde ook na die plaas toe. Hier kry jy die gemeenskap gesonder waar die werkers kennis oor hulself ont­vang, moet leer watter gedrag hulle in die werksplek moet openbaar en keuses moet maak oor byvoorbeeld alkohol, dwelms, ens. Die uiteindelike doel hier is juis om veral landboumaatskappye, deur hulle gemeenskapsontwikkelingsprogramme, betrokke te kry.

ANDER PROGRAMME

Die keuse om te lewe, om mense met res­pek te hanteer, begin alles reeds van kleins af en daarom is programme soos Boys2Men en Becoming a Woman ont­werp en dit verrig wondere juis in die gemeenskappe waarbinne organisasies funksioneer.

IS DIE PROGRAMME WERKBAAR?

Sy noem dat daar tans ’n leierskapskrisis in die land is, korrupsie op hoë vlakke is en dat lae vlakke van vertroue heers, en dat programme soos dié beslis ‘n verskil kan maak. Die pro­gramme laat jou besef dat jy nie alleen in ’n organisasie funksioneer nie, maar deel van ’n totale boerdery of landbouorgani­sasie vorm.

Die programme word in Engels aange­bied en skep vertroue vir Suid-Afrikaners om te debatteer en hulle stories te ver­tel. “Dit help jou om deel te neem aan debatte. En as jy nie kan deelneem nie, het jy mos klaar verloor.” Dit leer jou om doelwitte te stel, nuwe vaardighede aan te leer, vaardighede uit te brei en om sinvol te lewe.

RAAD OM MEER SUKSESVOL TE WEES

  • Wees volledig daar, wees bewus van alles en almal om jou. Wees volledig deel van die oomblik en openbaar toewyding.
  • Maak die beste van elke geleentheid. Moenie wag vir die perfekte oomblik nie, dit gebeur dalk nooit nie.
  • Doen dinge anders. Die lewe is ’n reis van keuses en indien jy iets gaan aan­pak moet dit juis anders wees omdat jy dit gedoen het.
  • Alle maatskappye het kapitaal, tegnolo­gie en grond. Wie daar werk en watter verhoudings hulle het, maak egter die verskil.

So, indien jy groei in jou organisasie of boerdery wil sien, groei in jou personeel se emosionele vaardighede wil ervaar, weg wil beweeg van die kweking van gemiddeldheid - wees dan deel van die samesmelting van denke.

* Al die programme van Thinking Fusion AFRICA dek die hele spektrum. Die pro­gramme bou van 12 tot 16-jarige jeug op, jong personeel wat die ekonomie betree, tot heel bo by top bestuurders en waar personeel binne spanne funk­sioneer. Die programme is ook geskryf met die Suid-Afrikaanse agtergrond in gedagte en duur 4 tot 15 dae.

Vir meer inligting kontak Thinking Fusion AFRICA by 011 955 1003 of besoek hulle webtuiste by www.thinkingfusion.com