Wen groot met Senwes Equipment en John Deere




Die kompetisie sal vir die res van die jaar aangebied word met die hoofprys wat aan die einde van 2016 oorhandig sal word.

 
Senwes Equipment is bekend vir betroubare John Deere produkte en dienste asook hoë tegnologiese oplossings vir die Landboubedryf. Die satisfaksie van ons kliënte is wat ons dryf en dit hou ons gemotiveerd om uitstekende diens in al ons sake met jou, die kliënt te lewer.  Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat ons ʼn massiewe kompetisie in samewerking met John Deere aanpak!   Hierdie inisiatief is op die been gebring om kliënte van Senwes Equipment te beloon vir hulle lojaliteit en ondersteuning. Die kompetisie het drie opwindende segmente en opbou tot aan die einde van 2016 met een gelukkige wenner wat met ʼn splinternuwe John Deere Gator 855D, ter waarde van R230 000, sal wegstap! Hierdie taai en uiters betroubare werkesel het ʼn uitstekend rekord as die ideale plaashulp om korte mette te maak met vervoer en klein vragte op die plaas en landelike gebiede. Dit is ʼn voertuig wat beide prêt en prakties is en ontwerp is om enige plaas te komplimenteer met sy betowering en krag.
 
In die tweede deel van die kompetisie kan jy jouself dalk in die nuutste klerereeks van John Deere bevind. Hier is ʼn John Deere klerebewys, ter waarde van R10 000 op die spel en die wenner kan die bewys gebruik op enige kledingstuk in die John Deere reeks.
 
In die derde been van die kompetisie sal een gelukkige wenner en ʼn person van sy/haar keuse na ʼn oorsese John Deere werkswinkel gevlieg word. Besonderhede van dié prys van R110 000 sal binnekort op Senwes se aanlyn platforms sowel as in die Senwes Scenario Tydskrif aangekondig word.
 
Die algehele kompetisiebesonderhede, reëls en inligting rakende inskrywings is beskikbaar by http://senwes.co/Equipment_Gator en http://senwes.co/Equipment_Clothes