Die Tydskrif


Die Senwes Scenario is 'n interessante landboutydskrif wat ten doel het om verhoudinge tussen die Senwes Groep en sy klante te versterk deur interessante en relevante artikels aan die leser te bied. Die tydskrif verskyn ses maal per jaar gewoonlik in Februarie, April, Junie, Augustus, Oktober en Desember.

Benewens artikels is daar ook verskeie kompetisies waar lesers die kans staan om talle pryse te wen. Die tweetalige tydskrif is gratis en word ook sonder enige koste aan die kliënt gepos. Teken in en jou vars kopie van hierdie tydskrif sal met elke uitgawe na jou posadres gestuur word.

Hierdie harde kopie waarvan bykans 9 000 kopieë gedruk word, sal steeds voortgaan met die huidige taalverdeling van 70% Afrikaans en 30% Engels, ‘n statistiek wat ons leserstal reflekteer.


Aanlyn Weergawe

In ‘n poging om voortdurende vernuwend te dink en Senwes Scenario se leserstal uit te brei na ‘n wyer gehoor, is ons tydskrif ook nou in ‘n volledige Engelse sowel as Afrikaans weergawe. Hierdie taalspesifieke weergawe(s) is aanlyn beskikbaar.

Blaai gerus deur die nuutste uitgawe en kyk ook gerus na ons argief met publikasies.


Scenario Nuusbrief

Dit is ‘n elektroniese nuusbrief wat inligting weergee oor aktuele bedryfsake in Senwes en die landbou-omgewing. Dit word uitgestuur in Januarie, Maart, Mei, Julie, September en November en dien as ‘n platform van kommunikasie met ons lesers tussen Senwes Scenario uitgawes.