In die volgende Senwes Scenario Someruitgawe




In die Somermaande kan jy uitsien na ‘n uitgawe wat fokus op die Planttyd wat op hande is, met talle artikels en wenke om jou te help om vir die komende seisoen voor te berei. In die vorige uitgawes het ons gefokus op Wolmaransstad en Lichtenburg en hierdie keer fokus weer ‘n keer op Bultfontein met die Boertjiefees wat onlangs aangebied is met Senwes as trotse mediavennoot.

Die fokusprodusent in die uitgawe is Piet Ferreira in die Bultfontein-omgewing. Nog ‘n area waar Senwes Grainlink inbeweeg is Standerton in Mpumalanga met streeksgraanbemarkingsadviseur, Neil Kemp wat ons meer vertel oor hulle bedrywighede daar. Die heel eerste Nampo Kaap in Bredasdorp het ook dieselfde platform in die Kaap gestig as waaraan die produsente by Nampo Oesdag naby Bothaville reeds vir langer as ‘n halfeeu aan gewoond is.

Die Landbouweekblad en Agri SA Grondberaad was ook grondverskuiwend en ons hoor ook wat ‘n paar opkomende produsente te sê het oor die beraad. Die onlangse Agri Noordwes en Vrystaat Landboukongresse het ook heelwat pitkos aan ons verskaf.

Ons berig ook vir die laaste keer oor die Dankiesêbraai waar Senwes vir sy produsente dankie sê dat hulle met ons besigheid doen.

Die gereelde insetsels is steeds daar soos die jagartikel van Jan-Lodewyk Serfontein asook artikels van Hansie Swanepoel van Senwes Grainlink en Frans Dreyer, Bestuurder van Graanmakelary met die uitvoerende bestuurder van Innovasie en Geïntegreerde Oplossings, Martin van Zyl, wat ‘n skryfbreuk neem waar hy ons inlig oor nuwe en innoverende aspekte in ons sektor – dit is net enkele van die dinge waarna lesers kan uitsien.

Vir hierdié en nog talle meer interessanthede, kyk uit vir die volgende uitgawe van Senwes Scenario, wat julle, ons gewaardeerde klante, in Oktober sal ontvang. Indien jy nog nie ingeteken het nie, besoek gerus die volgende skakel http://www.scenario.co.za/af-ZA/teken-in.