2019 Senwes en Senwesbel Algemene Jaarvergaderings vind plaas




Strydom het benadruk dat, indien jy nie jou klant eerste stel nie, jou maatskappy gedoem is. Kruger het op sy beurt die 2019 finansiële resultate aan die aandeelhouers voorgelê en ook bevestig dat die maatskappy hom tans in baie onstuimige tye bevind. Voorsitter van die direksie, Danie Minnaar, het beaam dat mens slegs na die rand se prestasie vanjaar moet kyk om dit raak te sien - dit het die afgelope tyd teen tussen R13,23 en R15,49 teenoor die Amerikaanse dollar verhandel. Strydom het verder genoem dat  slegs 50% van ons klante, boere is. Die ander 50% is rolspelers in die res van die voedselwaardeketting. Tydens die vergadering is Danie Minnaar, Steve Booysen en Tom van Rooyen as direkteure herkies. James Botha het by die vergadering as direkteur uitgetree en was nie beskikbaar vir herverkiesing nie. Hy is bedank vir sy waardevolle insette en betrokkenheid by die direksie oor die afgelope nege jaar.

Die vergadering het ook kennis geneem van die nuwe verkrygings,  wat insluit die meerderheidsbelange in KLK Landbou van Upington en Staalmeester in Hartbeesfontein. Bekende markanalis, Anthony Clark, het ook die vergadering bygewoon. Die toekomsvooruitsigte en -uitdagings is ook beklemtoon, soos die  feit dat die huidige seisoen met strooptyd sowat agt weke laat is, dat insetkanale steeds onder druk verkeer, die dinamika in die marktoegangsbesigheid asook die fokus op toepaslike kapitaalallokasie na kapitaalprojekte en kredietverskaffing. Alle besluite soos voorgehou aan die aandeelhouers, is met hoë stempersentasies aanvaar. Die dividend van 30 sent per aandeel is ook bekragtig, wat op 29 Augustus 2019 betaal sal word.

Na Senwes se vergadering is die 2019 Senwesbel jaarvergadering onder leiding van Dries Kruger as voorsitter gehou. Die Senwesbel aandeelhouers het ook alle besluite aanvaar en die Senwesbel dividend van 21 sent per aandeel word op 30 Augustus 2019 betaal.

Die direksie van Senwes het daarna vergader en drie direkteure vanuit die KLK direksie is op die raad van direkteure aangestel, naamlik Kobus Marais, Pieter Stander en Venete Klein.

Navrae in verband met aandeelhouersake kan na Elmarie Joynt, die Groep Maatskappysekretaris verwys word by e-pos: elmarie.joynt@senwes.co.za.