Die wêreld van sitrus word in die laaste episode van Nasie in Gesprek verken




Ons besoek Kirkwood wat op die banke van die Sondagsriviervallei geleë is waar van die beste sitrusprodukte geproduseer word. Ons besoek ook Pieter Nortjie van Sitrusrand Boerdery, een van die hoof sitrusprodusente in Suid-Afrika.

In die ateljee gesels Rozanne McKenzie met Lindie Stroebel van die PMA (Produce Marketing Association) waar hulle kyk hoe die varsproduktebedryf daar uitsien. Theo Vorster kry op sy beurt weer ‘n oorsig van die Suid-Afrikaanse Landboubedryf van Dr John Purchase van Agbiz.

Vir meer inligting oor hierdie episode en die hele reeks besoek asseblief die webtuiste www.nasieingesprek.co.za.