In die volgende Senwes Scenario




In dié herfsuitgawe is daar baie leesstof, veral vir die landbou fynproewer. In ons areafokus val die kollig op Oos-Londen, waar Senwes Equipment een van die nuutste toevoegings tot hierdie stad is. Om ‘n balans te skep tussen nuwe en gevestigde Senwes omgewings, is die klein Noordwes dorpie van Hartbeesfontein ook aan die ander end van die skaal op die spyskaart.
Daar is produsente in oorvloed, met ‘n fokus op die Gratz broers in die Oos-Kaap wat oor hulle melkboerdery en verbintenis met Senwes Equipment en John Deere gesels. Dan vertel Isaac Kagiso Mokhatlha oor sy skuif van die SAPD na boerdery en ons maak ook ‘n draai by laventelprodusente Trudy en Rina Kasselman, waar hulle tussen Klerksdorp en Wolmaransstad boer en ons meer vertel oor hulle blougoud-wêreld.

Die gereelde jagartikel van Jan-Lodewyk Serfontein is ‘n ou gunsteling wat behou word, terwyl Hansie Swanepoel wat die pen oorneem by Thys Grobbelaar in Graanmarkvooruitsigte - net enkele van die dinge waarna jy kan uitsien.

Met die fokus op herfs lees ons oor stropereffektiwiteit, kripbestuur van voerkrale en ons uitvoerende bestuurder van Innovasie en Geïntegreerde Oplossings, Martin van Zyl, wat sy insig met ons deel oor digitale grepe per hektaar.
Vir hierdié en nog talle meer interessanthede, kyk uit vir die volgende uitgawe van Senwes Scenario, wat julle in April sal ontvang. Indien jy nog nie ingeteken het nie, teken in hier.