Kyk uit vir Kommandowurms

  • 06 Maart 2020
  • 3120
  • news



Daar is twee tipes wat kan voorkom.

GEWONE KOMMANDOWURM
Die eerste tipe wat die bekendste is, is die gewone kommandowurm. Hy kom in verskeie donker kleurskakerings voor. Die volgende twee foto’s dui aan hoe die wurms lyk. Kenmerkend van die wurm is die omgekeerde v op sy voorkop. Op die foto kan gesien word hoe dit lyk as die wurms trek. Boere trek soms ploegvore waarin die wurms dan val en waaruit hulle nie kan kom nie. Dit is egter nie ‘n baie effektiewe metode van beheer nie. Chemiese beheer is die aangewese oplossing. Die foto wys hier hoe die mot van die kommandowurm lyk.





HERFSKOMMANDOWURM
Die tweede tipe kommandowurm is die Herfskommandowurm. Die volgende foto’s is van dié tipe wurm en sy mot. Die wurm se kleur is anders, maar hy het ook die omgekeerde v op sy voorkop. Die wurm het die vier kolletjies op sy agterlyf, soos aangedui op die foto's.



Skakel jou plaaslike boerevereniging of Mnr. Jan-Hendrik Venter van die Nasionale Departement van Landbou om die plaag aan te meld by 012 319 6384.