Kynoch kondig die aankoop van Sidi Parani aan

  • 29 Maart 2019
  • 5367
  • press-release



Sidi Parani is ‘n invloedryke rolspeler in vloeibare kunsmis in die Noord-Kaap, Noord-Wes en Wes-Vrystaat. Kynoch sal met die verkryging van Sidi Parani ‘n meer fokus gedrewe en ekonomiese volhoubare kunsmis besigheid verseker. Die aankoop-ooreenkoms sal Kynoch toegang gee tot nuwe markte en addisionele produksiekapasiteit. Hierdie ooreenkoms is in lyn met Kynoch se besigheidsmodel om verbeterde doeltreffendheid deur innovasie te verseker. 

Sidi Parani sal deur ‘n proses van beplanning en integrasie gaan. Gedurende die periode sal elke besigheid individueel voortgaan. Dit sal verseker dat waardevolle belanghebbedens gemaklik is met die veranderinge en dat werknemers ten volle geïntegreerd is met die besigheidsmodel.
Volgens Bruce Shuker, Kommersiële Bestuurder van Kynoch, is daar ruimte om ‘n aansienlike posisie in die Suid-Afrikaanse en Afrika kunsmismark te bou.  Die Kynoch span sien uit na die nuwe uitdagings en moontlikhede.

Kynoch Kunsmis
Kynoch het in die afgelope 100 jaar as ‘n Suid-Afrikaanse maatskappy gegroei tot ‘n toonaangewende invoerder, menger, en verkoper van korrel-, vloeibare en spesialiteitskunsmis. Kynoch is deel van die ETG groep,  een van die vinnigste groeiende landbou konglomerate wêreldwyd. Dit stel Kynoch in staat om sy handelsmerk en stempel verder uit te brei, terwyl hulle hul erfenis voortbou. 

Sidi Parani (Edms.) Bpk.
Sidi Parani (Edms.) Bpk. is ‘n kunsmis maatskappy wat al vir meer as 30 jaar in die bedryf is. Die besigheid spesialiseer in plantvoeding vir produsente en bied ‘n diverse reeks van produkte. Sidi streef daarna om die mees wetenskaplike oplossings vir ‘n verhoogde opbrengs te bied, gevolglik hulle slagspreuk: Gefokus op die opbrengs!

Vir meer informasie oor Kynoch Kunsmis, kontak Bruce Shuker by bruce.shuker@kynoch.co.za of besoek die webtuiste by www.kynoch.co.za