Nasie in Gesprek fokus op katoen




Jou lakens, denims, onderklere en T-hemde word gedeeltelik of in totaliteit van katoen gemaak. Hierdie veelvlakkige produk is baie populêr in die Suid-Afrikaanse klimaat en daarom neem Nasie in Gesprek hierdie week die skilderagtige roete na die Noord-Kaap tot in Hartswater in die Vaalharts-gebied om katoenproduksie in dié omgewing te verken.

Ons besoek Katoenboer, Louis Olivier, wat ook die besturende direkteur van Vaalharts Katoen is. In die ateljee gesels Rozanne McKenzie met Noël Paulson, afdelingsbestuurder by Edcon, om perspektief vanuit 'n verbruikersoogpunt te kry terwyl Theo Vorster met Dr. Marnus Gouse, navorser aan die Universiteit van Pretoria en BFAP praat.

Ons sien ook uit om u te lei deur die res van die 13-week-reeks wat fokus op pekanneute en sitrus. Kyk Nasie in Gesprek elke Donderdagaand om 18:00 op kykNET tot en met 27 Junie 2019.

Vir meer inligting of die volledige skedule van hierdie nuwe reeks, besoek asseblief die webwerf www.nasieingesprek.co.za.