Rosyntjies is op die voorgrond tydens die tweede episode




In die week se program neem ons die langpad na Upington waar ons Carpe Diem Rosyntjies besoek, ‘n organiese plaas op die oewer van die Oranjerivier. Die kyker kry ook die geleetheid om die volle prosessering van rosyntjieproduksie te ervaar.
Rozanne praat alle rosyntjieverwante feite met Ferdie Botha van Rosyne Suid-Afrika terwyl Theo dieper in die mark delf met Lindie Stroebel van PMA (Produce Marketing Association).

Aanbieders Theo Vorster en Rozanne McKenzie sien uit om julle op ‘n reis te neem deur die13-weke lange reeks waar mielies, rosyne, uie, lewende hawe, kwekerye, bosbou, beet, Nampo Oesdag, koring, katoen, pekanneute en situs bespreek word. So, moenie ‘n enkele episode van van hierdie interessante nuwe reeks misloop nie wat weekliks, elke Donderdagaand om 18:00 op kykNET gebeeldsend, van nou af tot en met 27 Junie 2019.Volgende week fokus ons op die uiebedryf en maak ‘n draai in ‘n ander deel van die Noord-Kaap, die keer in Barkly-Wes. 

Vir meer inligting of die volledige skedule van hierdie nuwe reeks besoek asseblief die webtuiste www.nasieingesprek.co.za.