Senwes se Kersboomprojek die grootste nóg!




Vanjaar op Vrydag, 25 Oktober 2019 was dié enorme projek na twee jaar by Triest Opleidingsentrum weer terug by Senwes Hoofkantoor in Klerksdorp en het nie minder nie as 590 behoeftiges van tien instansies in die distrik hierby baatgevind.  Die instansies sluit in Atamelang Kinder- en Jeugsorgsentrum, Daphne-Lee, Huis Adonai, Janie Schneider, Khaya Tshepo, Manu Dei, Rethabile Kinderhuis, Triest Opleidingsentrum, Voetligkinders asook Viljoenskroon Jeugsorgsentrum waar elkeen ‘n geskenk ontvang en ‘n dag vol pret en bederf ervaar het. Dit natuurlik tesame met ‘n pretville park soos min met foozball, springkastele, volleyball, waterglybane en ‘n skuimpartytjie.

Die Baie Belangrike Persone op die dag was bederf met ‘n besoek van Kersvader en Kersmoeder, superhelde en -heldinne en was bekoor deur ‘n optrede deur welbekende Suid-Afrikaanse boeremeisie Lianie May waar sy ook haar bekende treffers soos Da Vat Hy, Naweeklyfie, Toe stop my hart en Vir Liefde gesing het om slegs ‘n paar op te noem asook die Curro Klerksdorp Marimbagroep wat ook opgetree het. Kersgeskenke vir elkeen, spesifiek waarvoor hulle gevra het en vanjaar het elkeen ook ‘n geskenkpakkie ontvang asook ‘n spesiale handdoek met hulle naam op geborduur.

Kos en drinkgoed was daar ook in oorvloed met hamburgers, pizza’s, vleis, pap, koeldranke, roomyse en nog vele meer in oorvloed om die dag ekstra spesiaal vir hierdie minderbevoorregte te maak.

Hierdie gewilde projek projek behels 106 borge met 250 vrywilligers wat onder leiding staan van 7 komiteelede naamlik Charmaine van Deventer, David Strauss, Elmarie Joynt, Hannetjie Burger, Jaco Steyn, Linie van Staden en Mariëtte Hugo.
Dit is soos die heel eerste projek in 2007 eerstens ‘n personeelgedrewe projek en wat meer is, is dat al die Senwes afdelings en gesamentlike ondernemings soos Bastion, Grainovation, Senwes Central Admin, Senwes Credit, Senwes Grainlink, Senwes Innovation, Senwes IT, Senwes SPPD, Staalmeester asook Tradevantage inkoop het deel vorm van die projek.

Maar waar kom hierdie ongelooflike dryfgees vandaan. Wel die organiseerders som dit maklik op: “As die Here vir jou ‘n uitnodiging rig om vir Hom iets te doen, om Sy handewerk te doen, om sy BBP’s net kom liefde gee en te ontvang, en jy vat dit, dit is waar die hart is.”

Om die volle omvang van hierdié projek te verduidelik en in perspektief te plaas is hier ‘n paar ongelooflike statistiek van wat kan gebeur as daar saam hande met die gemeenskap gevat word.

2019 Senwes Kersboomprojek statistiek

600 000 borge en donasies in randwaarde
3 640 blikkies, bottels en sappe koeldranke 
2 900 bottels en sakkies water
1 800 gebraaide vleis 
590 minderbevoorregtes
250 Pizza’s
900 hamburgers
900 roomyse
700 stoele
686 BBP’s (86 personeel van instransies ingesluit)
600 buisies sonskerm
590 minderbevoorregtes
590 geskenke
590 handdoeke, elkeen met sy of haar naam op
590 geskenkpakkies
250 vrywilligers
160kg meel
120 tafels
120 tafelsdoeke
102 borge
80 groot blokke ys
12 jare sedert die ontstaan
10 instansies
8 handradio’s
7 maande van beplanning
5 groot tente

Aan al die borge wat die projek help realiseer het wil Senwes graag uit die diepte van ons harte dankie sê vir die 106 borge van vanjaar se 2019 Senwes Kersboomprojek. Sonder ieder en elk sou die projek nie so ‘n geweldige sukses gewees het nie.

Die 2019 borge is as volg: ABI, ABSA, Afrox Klerksdorp Gas & Gear, Angie de Abreu, Anzelle Moll, Arrie Nel Pharmacy, @Office World, Bastion Lime, Bosveld Slaghuis, Botle Bo Kopano, Breethe, Cansa, CC Sports, Certisure, CIA, City Finance, Cliffe Dekker Hofmeyer (CDH), Copymania, Curro Klerksdorp, CSS Security, Danie Colyn, Datacentrix, Degesh, Dynamic Auto, EBKO, Ellaton Mining Supplies, ER24, Essops Klerksdorp, Faber Orthopaedic Centre, Fire Champ, Flimieda Spar, Geraldine Janse van Rensburg, Grainovation, Grindrod, Grainovation, GT Collections, Guterra Tours, Hervormde Kerk Doringkruin, HFJ Logistiek, Hinterland, Hinterland Bultfontein, IPT, ITR Technology, Jac N Coetzer Afslaers, Jacques Pieterse, Jenny Harmzen, Johan Swart, Kingsley Depot, Klerksdorp Fire Station, Liblink, Lianie May (Pols Pruductions), Marle Roestoff, Marlene Wilkens, Marsh Klerksdorp, Marina’s Verhurings, Maryka Matthee, Maryna Moll, Matlosana Fire & Rescue, Naeem Hamed & Veruschka Eruson, Nedbank Business Banking, Nedbank Financial Planning, Nedgroup Investments, Oasis Klerksdorp, Ockie Pretorius, OK Foods Bultfontein, Old Mutual Klerksdorp, Orkney Refrigeration Services, Overland, Rainbow Inflatables, Ribbons by Faith, Rhys Evans Group, Rockaberry’s at Senwes, Romans Pizza, Schoonspruit High School, Senwes Central Admin, Senwes Credit, Senwes Grainlink, Senwes Equipment, Senwes Innovation, Senwes IT, Senwes SPPD, Sizabantu, Simon Mohapi, Sonja Venter, Speedy Cash, Speedy Car Sales, Spur, Staalmeester, Studio Republic, Suzuki Klerksdorp (Patrick Maritz), Technical High School Klerksdorp, Talisman Hire, Tip Top Vragbeskerming, Thabo van Zyl, The Road Show, Thuso Graan, Tom van Rooyen, Toyota, Tradestuff, Tradevantage, Vaal Maseru Private Hires, Visarend Karavaanpark, Wesvalia High School, Waldo Venter en WP Tente (Donovan Hayes).

Dankie ook aan ieder en elk wat vanaf 2007 by die projek betrokke was en gehelp het om so ‘n groot verskil te maak. En indien jy nog nie by die projek betrokke is nie kan jy ook deel van hierdie Kersboomprojek word deur as borg betrokke te raak vir 2020. Vir meer inligting kontak asseblief Charmaine van Deventer by 018 464 7376 of stuur ‘n e-pos aan charmaine.vandeventer@senwes.co.za.