Senwes Silo die dryfveer van liefde

Die 30-jarige Jaco Marais, ‘n chemikus wat nou in konstruksie in Kroonstad werk. het eers sy vriende Fanie Kamfer, ‘n produsent naby Mareetsane, asook PC Payne in Pretoria vir hulp genader oor hoe om sy meisie, Claudette Otto, om die hand te vra. Maar daar was skaars genoeg tyd vir die gedagte om in te sink of Jaco het die perfekte plek gevind… Attie Silo.

“Ek het een keer na my ouers Koos en Mientjie in Sasolburg gery en met my terugkoms het ek dié silo gesien en gedink, kom ek vat ‘n kans hier, dit is immers ‘n boeregemeenskap,” vertel Jaco opgewonde. Hy het besluit om in te ry en met silobestuurder, Gawie van der Merwe gesels en hom eers gevra of hy sy meisie reg bo-op die werkshuis kan vra om te trou. Dit nadat hy reeds vir Claudette se ouers, Ben en Hannetjie Otto, gevra het of hy met hul dogter kan trou. Volgens Jaco was “Gawie toe regtig baie gaaf” en na ‘n vinnige oproep na sy streeksbestuurder, Mike Jacobs, was die koeël so te sê deur die kerk en moes Jaco vinnig aan die werk spring. ‘n Na ‘n vinnige silotoer het hy meer oor silo’s geleer, maar met sy oom Louis Kleynhans wat ‘n meule in Ventersdorp het, en hyself met ‘n tegniese agtergrond, was dit darem nie te vreemd nie. Binne 10 dae na hy Gawie gevra het, was dit tyd om Claudette, ‘n kliniese sielkundige, op Donderdag, 31 Mei te vra.

Maar eers ‘n terugblik. Die twee verliefdes het mekaar eintlik al in 2009 in Potchefstroom ontmoet toe hy ‘n derdejaar Mikrobiologie en Biochemie student was en sy ‘n tweedejaar Sielkunde student by die Pukke. Hy het haar dadelik by ‘n bingle-sêr opgemerk omdat sy ‘n mooi een is, maar hulle het nie veel gesels nie. Hulle het wel twee weke later saam ‘n duet tydens die hoofkonsert gesing, maar daarna het niks eintlik van hulle eerste ontmoeting gekom nie.

Agt jaar later tydens die eerste naweek in September 2017, het hy saam met sy vriende aan ‘n wedloop in Paarl deelgeneem en toe het sy ‘n foto van hom op Facebook gewaar en hom gekontak. Hy het gedink: “die meisie het seker die verkeerde ou beet.” Snaaks genoeg was dit ook die geval dat sy hom wel met iemand anders verwar het, maar hy het egter presies geweet wie sy is. Sy geluk is dat hulle sedertdien elke naweek saamkuier, die dat hy haar op 21 Oktober in Scottburgh gevra het om te kys en die dat die silo nou ter sprake is.

31 Mei het as ‘n reëndag begin en hy het haar laat verstaan dat hy ‘n werksonderhoud daar het en sommer ‘n toer vir hulle gereël het. Sy het die buit geneem, die hysbak en trappe geneem, gevolg deur die opklouter met die katleer na bo en toe sy haar kop bo die gat uitlig het sy die drapering, liggies en piekniekatmosfeer gesien en haar vriendin Tharien Coetzee reg met die kamera. Af op sy knie het hy tydens skemertyd die vraag gevra en na Claudette net “What, what, what en ‘n ja kon uitkry”, is daar tot laat daar bo gekuier terwyl hulle gesmul het aan die eetgoed wat Gawie se vrou help warm maak het vir hierdie groot dag.

Die silo was die perfekte plek waar jy oor die horison kon uitkyk en die silhoeëtte van verskeie natuurtonele kon sien. Silobestuurder Gawie vertel dat jy op ‘n baie skoon dag die nabygeleë silo’s van Groenebloem, Heuningspruit, Rooiwal en Geneva kilometers ver kan sien. Die silowerkshuis van 55 meter hoog en die 10 groot silobuise van nagenoeg 5 000 ton elk, en 4 kleineres van 1 200 ton elk, het die perfekte toneel vir Jaco en Claudette geskep.

Na 22 jaar in die silobedryf was dit ook ‘n eerste vir Gawie en hy spot: “Ons doen nou alles van mielies, sonneblom, sojabone tot verlowings.” Al wat Jaco kan sê is dat hy nie weet hoe ‘n boerseun nog nie hieraan gedink het nie. Wat lekker vir die verloofdes is, is dat die silo naby en in hulle omgewing is, waar hulle dit gereeld sien. En wanneer Gawie en die personeel ‘n toeter hoor, moet hulle nie skrik nie. Dis tien teen een  net Jaco en Claudette wat nostalgies terugdink aan daardie spesiale dag soos hulle verby ry.

En met byname soos my muis of liefdelyfie, kan dit dalk net verander na my mieliepit of my sonneblom, of as hy dalk tydens skemertyd na haar kyk, my silhoeët. Geniet julle troudag op 3 November in Muldersdrift en beste wens vir julle huwelik. Silogroete van Senwes.