Verbod op veeveilings kos bedryf miljarde per week

  • 09 Julie 2021
  • 1382
  • nuus



Verliese van meer as R1 miljard word tans gelei, terwyl ʼn ooraanbod van diere na afloop van die verbod op veeveilings weer ʼn negatiewe invloed op pryse sal hê.

Dit is aldus Willie Clack, ondervoorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) en voorsitter van die landbouprodukte-agenteraad se lewendehawe-komitee (Apac). Die RPO en Apac het onlangs dringende vertoë tot die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, gerig om veilings weer toegelaat te kry.

Die vertoë sluit volgens Clack ʼn duidelike uiteensetting in van die omvang van die verbod op die landbousektor, en sluit die invloed op kommersiële produsente sowel as op kommunale veeboere in. Volgens Clack het daar op 30 Julie 2020 ʼn afkondiging in die Staatskoerant verskyn wat lewendehawe-veilings magtig. Dié aankondiging volg die basis van die vertoë.