Vrystaatse damme propvol

  • 22 April 2022
  • 967
  • nuus



So sien damvlakke daarna uit:

  • Gariepdam: 105,6%
  • Vanderkloofdam: 106,5%
  • Welbedachtdam: 95,1%
  • Sterkfonteindam: 102%
  • Fika-Patsodam: 100%
  • Bloemhofdam: 106,4%
  • Allemanskraaldam: 102,3%

Die vlak van die Vaaldam word op hierdie stadium op 115,3% gereken en sewe sluise is reeds geopen. Nog sluise kan moontlik binnekort oopgemaak word en volgens Ratau word die stelsel baie fyn dopgehou. Hy meen die situasie kan uurliks verander.

“Ons bestuur die vloei uiters versigtig, maar mense moet steeds waaksaam wees. Ons reik waarskuwings uit voordat ons die sluise open en dan moet mense vinnig reageer,” sê Ratau. Hy verduidelik voorts dat die grond reeds oorversadig is en dat reënwater bydra tot die plaaslike watervlakke.

Indien nog sluise by die Vaaldam oopgemaak word, moet die uitvloei by die Bloemhofdam ook verhoog word. By dié dam was die uitvloei op Woensdag (20 April) om 12:00 reeds na 1 600 kubieke meter per sekonde (kumek) verhoog.