13de Senwes Toekomsfokus met Nasie in Gesprek




Die eerste episodes van die volgende immergewilde Nasie in Gesprek reeks, die Landbousektor gesprek wat deur Senwes geïnisieer is, is ook tydens hierdie Toekomsfokusdag verfilm wat deur 300 produsente bygewoon is. 
 
Hier was familiebesighede onder die vergrootglas, en met verskeie uitstekende en ingeligte paneelgaste was dit voorwaar ‘n uithaler gesprek. Die eerste episodes van die nuwe reeks word vanaf Januarie 2017 uitgesaai. Hou die pers dop en besoek gerus die Nasie in Gesprek webtuiste by www.nasieingesprek.co.za vir die volledige skedule.