Biosekuriteit help om varkpesvirus te voorkom

  • 19 Februarie 2021
  • 1664
  • nuus



Die departement het onlangs ‘n intensiewe bewustheidsveldtog van stapel gestuur om inligting rakende dié aanmeldbare siekte aan varkboere en kleinboere te kommunikeer. Volgens ‘n mediaverklaring wat in die verband uitgereik is word boere en spekulante aangeraai om slegs varke by betroubare verskaffers en veilings aan te koop.

Nog ‘n aanbeveling is dat afvalkos as ‘n voorsorgmaatreël vir sowat ‘n uur lank gekook word alvorens dit aan varke gevoer word.

Simptome van Afrika-varkpes

Die varkpesvirus kan op verskeie maniere oorgedra word. Dit sluit onder meer in aanraking met besmette varke, besmette kombuisafval en selfs vanaf wilde varke. Simptome sluit in:

  • Afname in eetlus,
  • Belemmerde asemhaling,
  • Aborsie deur dragtige varke
  • Ore, neus, maag en bene kan rooi verkleur.

Dit is voorts belangrik om te weet dat besmette varke binne twee tot tien dae aan die virus vrek.

Verspreiding van Afrika-varkpes

Varkpes kom voor in vlakvarke, bosvarke en ander wilde varke in die Varkpes-beheerde gebiede van  Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, die noordelike gedeeltes van KwaZulu-Natal en in ander suider-Afrika lande.

Varke kan Varkpes opdoen as hulle in kontak kom met ander siek varke of as hulle beweeg in die gebiede waar siek varke was. Varke kan dit ook van wilde varke kry, asook van die mis van wilde varke in die Varkpes-beheerde gebiede.

Varke kan ook Varkpes kry as hulle kombuisafval, afval en afval-vleis  eet  van siek varke of varke    wat in kontak was met besmette vleis van siek varke. Die Wet bepaal dat kombuisafval gekook moet word voor dit aan varke gevoer word om die diere teen siektes te beskerm.

Omdat Varkpes baie vining tussen siek en gesonde varke versprei, is dit belangrik vir boere om op hul hoede te wees vir enige tekens van besmetting.

Indien jy vermoed dat jou varke of iemand anders se varke besmet is, moet jy dadelik ‘n staatsveearts in kennis stel. Toetse sal op die diere gedoen word en die besmette gebiede of kuddes sal onmiddelik onder kwarantyn geplaas word ten einde verdere besmettings te verhoed.

Handhaaf goeie biosekuriteitsmaatreëls

Die sleutel tot die voorkoming en bestuur van Varkpes is goeiee biosekuriteitsmaatreëls. Varke wat met die virus besmet is, mag nie verkoop word nie.

Moet voorts ook nie varke op veilings of by spekulante koop wat nie bewys van die diere se gesondheid kan lewer nie.