Boere toon hul vasbeslotenheid teen skaliegas in Appélhof




“Sonder die nodige bevredigende inligting omtrent die beskikbaarheid en behandeling van water om ’n hidrouliese breking en skaliegas industrie in Suid-Afrika te onderhou nie, kan Agri SA nie die regering se oënskynlike aptyt vir ’n gas industrie in hierdie land ondersteun nie,” sê Janse Rabie, Agri SA Beleidshoof: Natuurlike Hulpbronne.

Die Departement van Mineraal Hulpbronne het hom tot die Appèlhof gewend na Agri Oos-Kaap, wat saam met ’n groepering belanghebbende grondeienaars optree, in Oktober 2017 oorwinning in die Grahamstadse Hooggeregshof in Makhanda behaal het toe Regter Gerald Bloem bevind het dat slegs die Minister van Omgewingsake by magte was om sodanige regulasies uit te vaardig. Agri Oos-Kaap staan die Departement se appèl teen.

“Boere en grondeienaars in die Karoo veg al sedert Januarie 2009 teen beplande skaliegas-ontwikkeling in die Karoo en elders in die land. Die saak is ’n bewys van boere se vasbeslotenheid om na meer as ’n dekade steeds sterk teen hidrouliese breking te staan. 

“’n Mens moet stamina hê om hierdie internasionale oliemaatskappye te weerstaan,” sê die prokureur Derek Light, wie namens Agri Oos-Kaap optree. “Ek het die grootste respek vir boere en hul verteenwoordigende liggame vir hul besluit om die landbou, werkers en voedselsekerheid te beskerm.”

Die Appèlhof het uitspraak in die saak voorbehou.

Agri SA sal voortgaan om hulself vir die saak van elke landbouer te beywer.


Navrae:
Janse Rabie
Agri SA Beleidshoof: Natuurlike Hulpbronne
(S) 076 451 9601