Die Bultfontein Boertjiefees is terug in 2017!




Daar is verskeie kunstenaar soos Snotkop, Gerhard Steyn, Lianie May, Amor, Franja du Plessis en vele ander wat gaan optree. Dan is daar ook vele vermaak soos ‘n gholfdag, padwedloop, pad- en bergfietsrenne waar die bekende Comrades atleet, Nick Bester ook gaan deelneem, en met meer as 150 uitstallers is daar genoeg om die 15 000 of meer besoekers te trakteer. Die skou het al in die verlede immers 35 000 besoekers gelok en was net verlede jaar, as gevolg van die droogte, nie aangebied nie. Verskeie bees- en skaaprasse gaan tentoongestel word met ook ‘n skeerkompetisie wat aangebied word. Dit word aangevul met pluimvee, boerbokke, windhonde, landbou-uitstallings en demonstrasies, boerepatentekompetisie en ‘n militêre-uitstalling.
 
Damesprogramme word ook aangebied en dan is daar ook vele vermaak vir die kleinspan met Tjiff en Tjaff, boeresport, bulletjierugby en sokker asook pienkhandjienetbal. ‘n Sokkie, lugvertoning, valskermspring, trekkerdemonstrasies, sterkmanvertoning, veldfietsrenne, radarvliegtuie en Harley Davidsonryers is net van die ander trekpleisters.
 
Kyk na die volledige program asook van die aktiwiteite.
 
Die kaartjiepryse wissel van slegs R30 tot R40 vir dagtoegang, R60 tot R80 vir aandtoegang met die voldagkaartjies wat tussen R90 en R120 wissel met pakkette wat ook beskikbaar is.
 
Vir meer inligting kontak Elri de Klerk by 051 853 1102 of e-pos info@bultfonteinboertjiefees.co.za. Vir stalletjiebesprekings kontak Jackie Kapp by 082 478 9703 of e-pos jackie@bultfonteinboertjiefees.co.za
 
Borge kan Herman Meiring kontak by 083 292 3427 of stuur ‘n e-pos aan geluk@absamail.co.za.
 
Die fees is om die gemeenskap betrokke te maak sodat almal deel van die verrigtinge kan wees. Die doel is om families bymekaar te bring, nuwe vriende te maak en net lekker te kuier en deel van ‘n groter familie te word. So wees deel van die Bultfontein Boertjiefees, Geanker in Landbou!
 
Vir meer inligting en 'n volledige lys met al die borge besoek www.bultfonteinboertjiefees.co.za.