Die koning van inhoud. Video is die aanlyn leier




Ja, nuusartikels op blogs en webtuistes het nog 'n plek op aanlynmedia en potgooie en klankgrepe doen die rondte, en word toenemend meer gewild, maar video kraai steeds koning van digitale inhoud. Of dit nou kort onderhoude is, leerprogramme, getuienisse, regstreekse uitsendings, produkadvertensies of vlogs (video blogs), video het besonder gewild geraak oor die laaste jaar en is beslis hier om te bly.

Dit sal jou beslis nêrens bring om die regte boodskap, in die regte formaat, op die regte tyd op die verkeerde platform te deel nie. 'n Onlangse studie wat deur HubSpot ('n opkomende bemarkings- en verkoopsplatform) gedoen is, het aangedui dat Faceboek (gestig is 2004) die mees gewilde sosiale netwerk in die wêreld is indien dit bepaal sou word volgends die aantal aktiewe gebruikers (2,2 miljard), met YouTube (gestig in 2005) in die tweede plek (1,9 miljard) en WhatsApp (gestig in 2009) in die derde plek met 1,5 miljard aktiewe gebruikers.

Op die videofront is YouTube deur bemarkers gekies as die gewildste videokanaal. Volgens Wyzowl se 2018 State of Video Marketing Survey, deel 87% van alle bemarkers hul video's op YouTube, in vergelyking met die 68% van bemarkers wat hul video's op Facebook deel.

Soos wat die verbruikersaanvraag vir visuele inhoud verhoog en soos wat sosiale mediaplatforms video prioritiseer te midde van slimfone wat beter en beter word, is ons by Senwes vasberade om meer en meer video-inhoud van die hoogste gehalte en standaarde aan u te bring.