Die seisoenale bewegings van graan




Dit is van die uiterste belang om die winsgewendheid van ’n verskansingsbesluit in ag te neem as eerste uitgangspunt. In hierdie uitgawe word gekyk na die direkte insetkoste van verskeie gewasse.

Verder word die historiese seisoenale prysbeweging van witmielies en sonneblom ook ontleed om die tydsberekening van verskansing te optimaliseer.

Insetkoste:
Daar word gekyk na die insetkoste van witmielies, sonneblom en sojabone in die Bothaville-distrik. 

Program preview

Program preview

Program preview

Uit die syfers in tabel 1-3 kan gesien word dat gewasse hierdie seisoen winsgewend aangeplant kan word, gemeet aan heersende pryse met die skryf van hierdie artikel. Om die winsgewendheid te kan verseker, moet verskansing gedoen word. Die verskansing kan optimaal gedoen word, deur dit in sekere seisoenale hoogtepunte te doen.

Seisoenale Tendense: 
Oor jare vorm daar patrone wat duidelike tydperke uiteensit wanneer verskansing waarskynlik op beter vlakke as op ander tye gedoen kan word. Om hierdie tye te identifiseer, is daar gekyk na die gemiddeld van historiese prysbewegings. Hierdie seisoenale tendense kan gebruik word om tye te identifiseer waarin verskansing waarskynlik op goeie seisoensvlakke gedoen kan word. 

Grafiek 1: Julie WM Seisoenaal

Program preview

Uit grafiek1 kan gesien word dat die eerste seisoenale geleentheid om te prys, in die laaste helfte van Desember is. Die tweede geleentheid is in die eerste twee weke van Maart. Die laaste goeie geleentheid word aangedui in die eerste week van Junie – net voor strooptyd. 

Grafiek 2: Mei sonneblom seisoenaal

Program preview

Uit die grafiek 2 kan gesien word dat die seisoenale hoogtepunt vir sonneblom gewoonlik aan die einde van Januarie bereik word. Dit kan dus sinvol wees om verskansing nie te los tot strooptyd nie, maar eerder vroegtydige bemarking te doen.

Opsommend:
Die mark gee seisoenaal tradisionele geleenthede vir verskansing teen winsgewende vlakke. Dit is altyd sinvol om hierdie geleenthede so goed as moontlik te benut met ‘n gepaste strategie soos ‘n minimumprys, wat steeds ruimte bied om opwaartse potensiaal te benut. Indien die seisoenale geleenthede benut word, kan verskansing teen seisoenale optimale vlakke gedoen word.