Draf en Trap is Ottosdal se juweel van ‘n uitvoerproduk




So is die Ottosdal Draf en Trap al sedert 1994 deel van Noordwes en talle atlete en fietsryers se jaarprogram en vanjaar het hierdie juweel hulle 25ste bestaansjaar gevier. Daar het vanjaar meer as 4000 atlete deelgeneem, meer as 2 800 atlete en 1 200 fietsryers. En volgens Comrades legende, Louis Massyn van Goudveld Multi Sport in Welkom, wat die rekord van 45 Comrades agter sy naam het, is hierdie die grootste bymekaarkomplek vir atlete en fietsryers in die platteland. 


Die omvang van hierdie juweel op die klien dorpie is massief soos die voorsitter Jaco Bamberger vertel dat nagenoeg 11 000 mense na die gebied stroom wanneer die Ottosdal gewoonlik aan die einde van Januarie 2018 aangebied word. Sekretaresse, organiseerder wat al vir die laaste 15 jaar deel van die sukses is, Willa Naudé, is borge kardinaal en bedank ieder en elk want sonder hulle bydraes is dit onmoontlik om die Ottosdal Draf en Trap aan te bied.

Senwes is trots om ook al vir 25 jaar deel van Ottosdal se uitvoerproduk te wees. Kyk gerus na die video-insetsel oor die 2018 Ottosdal Draf en Trap. En as jynog nie deel hiervan is nie, mis jy verseker uit…

Hier is ‘n paar Draf en Trap statistiek wat jou gaan uitboul:

Meeste atlete ooit: 4 905 (in 2016)
Deelnemers in 2018: 4065
Aantal atlete in 2018: 2 867
Aantal fietsryers in 2018: 1 198
Aantal Jare: 25 (sedert 1994)