Goeie resultate ondanks uitdagende eerste semester

  • 06 Desember 2019
  • 2638
  • press-release



“Alhoewel ons verdienste voor rente, belasting, depresiasie en amortisasie met 25,4%, vanaf R335m na R420m verhoog het, het ons wesensverdienste per aandeel met 11,8% gedaal na 86,9s teenoor die vorige jaar se 98,5s” het Francois Strydom, Senwes Groep Hoof Uitvoerende Beampte gesê. Strydom het verder byvoeg dat ‘n groot gelykmaker vir die laat en swak graanoes, die verkryging van KLK was.

Senwes het verder aangekondig dat hy na verslagdoeningsdatum die 100% belang in die graan logistieke maatskappy, Grainovation, bekom het ten einde sy dienslewering ten volle met sy silobedryf en graanbemarking te integreer.

Senwes het ook sy John Deere landboutoerustingaanbod verder uitgebrei met die verkryging van 'n 100% belang in Falcon Agricultural Equipment, wat die verspreiding van onder andere Amazone en Falcon produkte in Suider-Afrika behartig.

Die netto batewaarde van die groep het vir die ses maande met 5,8% verhoog en die totale aandeelhouersopbrengs (aandeelprysgroei plus dividende) vir die ses maande geëindig 31 Oktober 2019, het 17,4% beloop.

Ander aankondigings:
  • ‘n Tussentydse dividend van 30 sent per aandeel is verklaar.
  • Die kapitalisering van die lojaliteitskema was suksesvol en 72% van die skuld aan lede van die skema kon in ekwiteit omgeskakel word.

Vooruitsigte:
Aanduidings is dat ’n moeiliker tweede ses maande op die groep te wagte is, ten spyte daarvan dat die mark verhoogde aangeplante hektare in die vooruitsig stel. Die marktoegangsdivisie stel laer voorraadvlakke in die vooruitsig, terwyl kleinhandel waarskynlik nie voldoende sal kan inhaal op dit wat hulle in die eerste ses maande verloor het nie.

EINDE

Navrae: Francois Strydom
Groep Hoof Uitvoerende Beampte