Hoe doeltreffend gebruik jy die GROOT 5 in jou boerdery?

Vanjaar sal honderde produsente weereens op Nampo Park toesak vir hierdie immergewilde Toekomsfokusdag. Die vraag is: Is die GROOT 5 deel van jou boerdery?

En indien jy gewonder het, ons praat nie hier oor wild nie. In jou boerdery is daar 5 top aspekte wat jou koste-effektiwiteit, produktiwiteit en winsgewendheid bepaal. Dit is jou strategie, bestuursinligtingstelsels, hulpbronne, finansies en vennootskappe.

Gebruik jy nog ou boerderymetodes, of sukkel jy met finansiële beplanning of boerderyskuld terwyl jy nie byhou met tegnologiese uitbreidings nie? Kry jy die beste uit jou toerusting en wil jy jou boerderypraktyke na die volgende vlak neem?

Hierdie geleentheid is dan dié een wat jy nie kan misloop nie. Jaco Minnaar, Voorsitter van Graan SA en Senwes direkteur, sal as fasiliteerder op dié dag optree en sal verskeie ander produsente se praktyksuksesse met ons deel. Hierdie suksesse is dan telkens op een van die onderskeie aspekte van die GROOT 5 gefokus.

Jaco is al twee dekades ‘n produsent op die plaas Botesrust in die Hennenman omgewing en is sedert 2000 ook by verskeie georganiseerde landboubeheer-strukture betrokke, wat verskeie Agri SA beleidskomitees insluit. Hy is ook sedert 2004 lid van die Uitvoerende Komitee van Vrystaat Landbou en deel van die Graan SA bestuurspan vir die afgelope vier jaar. Hy is ook 'n direkteur van Senwes en voorsitter van die Uitvoerende Komitee van Graan SA en die Vergoedings- en Risikokomitee van Senwes. ‘n Boer in die midde van georganiseerde landbou.

Hier gaan dit oor produsente wat produsente help, boerderymetodes en hulp wat vir boere werk, spesifiek daarop gefokus om jou boerdery se besigheidsukses te bepaal. Jy kan dus nie verkeerd gaan met dekades se ondervinding op jou voorstoep tydens die dag nie.

Dan is daar ook tyd vir vraag- en antwoordsessies indien jy spesifieke kwelvrae het, wat aangevul word met interessante videodemonstrasies, gekompakteer vir jou gerief. Die wie’s wie van landbou gaan daar wees - so gebruik die tyd nuttig om te netwerk, om verhoudings te bestuur en jou persoonlike kwessies aan te spreek. Jy bestuur die dag.

En om alles te kroon, open ds Laurie Naude die verrigtinge, die gewilde kunstenaar Appel tree op en jy sal ook ‘n spitbraai en iets te drinke kan geniet. Vir slegs R100 is dit ook sakpas vir elke produsent, sy personeel en besigheidsvennote. Hierdie fondse is ten bate van die onderskeie jongboerkomitees.

Die dag word al sedert 2004 aangebied, in trotse samewerking met Graan SA en die jongboerkomitees van Vrystaat Landbou en Agri NW en is werklik ‘n plek waar daar na volhoubare oplossings vir produsente gesoek word.

RSVP by Shevaun Haig (018 464 7129 / shevaun.haig@senwes.co.za), Elize Spence (051 444 4609 / elize@vslandbou.co.za) of Marlize Fritz (018 632 3612 / marlize@agrinw.co.za) voor of op 26 September 2019 om die dag op Dinsdag 29 Oktober 2019 om 08:30 by te woon.

Maak jou boerdery GROOT 5-bestand.