In die volgende Senwes Scenario




‘n Kopskuif in Landbou!

Senwes Groepbestuurder: Innovasie en Geïntegreerde Oplossings, Martin van Zyl skryf oor Die Tegnologiese Skuif en dan was ons ook by Agbiz Outlook 2019 waar HUB John Purchase een van die sprekers was en hy ook deur die Franse Ambassadeur vereer is.

Rakende veiligheid het ons gaan loer wat presies Hartbeesfontein na al vir jare doen om veiligheid in hul gebied op te skerp waar hulle versker ‘n veiligheidkopskuif gemaak het en markleiers op die gebied is.

Dit is dan ook in 2019 dat Senwes op 15 Mei ‘n hele 110 jaar oud word. Een van die oudste landboumaatskappye daar buite! Hier fokus ons in dié Februarie/Maart uitgawe op van die hoogtepunte van die eerste 50 jaar.

Ons het ‘n draai by die uitstaande Brahmanstoetteler Willie Jacobs gemaak en ook met die 2018 Hinterland Nasionale Touleier van die Jaar, Barend van Staden ingeloer waar hulle gesels het oor watter kopskuiwe hulle in die laaste tyd in landbou moes maak. Uitstekende werk manne!

Ons tak in Bloemfontein het ook talle vernuwings die laaste tyd ondergaan waar ons kyk na Fonteine van Vernuwing by Takbestuurder Gerhard en sy span daar. Met Senwes wat 110 jaar vier fokus ons ook op ander landbougeleenthede waar die hele landboubedryf saamstaan soos die immergewilde Ottosdal Draf en Trap wat vanjaar 26 jaar vier en almal saamspan om dié sportgebeurtenis te laat floreer met Senwes wat trots al vir 26 jaar deel hiervan is.

Soos gewoonlik fokus ons op ‘n nismark en dié keer val die fokus vierkantig op knoffel waar ons ‘n draai by Senwesklant Pieter Maree gemaak het. Nog artikels is die tweemaandelikse graanartikels, die bekende jagartikel, immergewilde geloofsartikels en in die digitale artikel is daar 5 maklike stappe wat jy kan neem om digitale denkrigting aan te neem.

Lees hierooor en nog baie meer in die Februarie/Maart 2019 uitgawe van Senwes Scenario wat jy eersdaags in die pos sal ontvang. Indien jy nog nie ingeteken het nie, skakel in