Meer as 724 trekkers in September verkoop

  • 08 Oktober 2021
  • 1403
  • nuus



Op ʼn jaargrondslag het trekkerverkope ook met 30% toegeneem en 5 382 eenhede is verkoop teenoor die 4 155 eenhede in die ooreenstemmende tyd in 2020.

Volgens die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerievereeniging (SAAMA) toon beskikbare data dat stroperverkope ook met byna 30% toegeneem het in vergeleke met die eerste nege maande van verlede jaar. In September is 21 stropers verkoop teenoor die 11 in September 2020.

As verlede maand se stroperverkope met September verlede jaar vergelyk word, is dit drie keer meer, met ʼn toename van 90,9%.

“Sentiment in die mark bly steeds positief en kommoditeitspryse bly bestendig. Die vroeë reëns het daartoe gelei dat sekere boere, veral in die oostelike dele, begin het om somergewasse aan te plant,” sê Karel Munnik, voorsitter van SAAMA.

Volgens Munnik is die vooruitsigte vir wintergewasse bemoedigend en dit word deur goeie stroperverkope in die Wes-Kaap weerspieël. Ramings in die bedryf vir die res van die jaar dui daarop dat trekkerverkope in die 2021-kalenderjaar tussen 15% en 20% meer kan wees as verkope verlede jaar.