Nasie in Gesprek – Fokus op NAMPO 2019




Nampo is een van die grootste privaatgeorganiseerde uitstallings ter wêreld en is ook die grootste landboumasjinerie- en lewendehaweskou in die Suidelike Halfrond. Ons kry hiermee ‘n kykie na alles wat oor die vier dae plaasgevind het.

Die Nasie in Gesprek paneelbesprekings was weereens die een van die hoogtepunte van die NAMPO Oesdagfees. Die episode bring ons ook die hoogtepunte van die gesprekke wat plaasgevind het wat sommige van die mees kwellende kwessies na die voorgrond gebring het wat die Suid-Afrikaanse landboubedryf beïnvloed.

Moenie ‘n enkele weergawe van hierdie reeks misloop wat elke Donderdagaand om 18:00 op kykNET gebeeldsend word, van nou af tot en met 27 Junie 2019. Vir meer inligting besoek asseblief die webtuiste www.nasieingesprek.co.za.