Nasie in Gesprek fokus op sitrus




Aanbieder, Rozanne Mckenzie gesels met Lindie Stroebel van die Producers Marketing Association oor sagte sitrus se groeiende gewildheid. Sy brei ook uit oor hoe belangrik dit is om bewustheid aangaande kleiner handelaars te kweek en neem kykers deur die keuses en oorwegings wat gepaard gaan met sitruskultivars.

Theo Vorster praat op sy beurt weer met die vader van die gewilde ClemenGold-handelsmerk, Abraham van Rooyen, wat meer uitwei oor nuwe ontwikkelinge in die bedryf en saam gesels hul oor wat dit Suid-Afrika gekos het om die sitrusindustrie op te bou tot waar dit vandag is.

Moet nie ‘n enkele episode van die nuwe reeks mis nie, elke Donderdagaand om 18:00 op kykNET. Die reeks hou aan tot en met 27 Junie 2019.