Nasionale minimum loon verhoging

  • 20 Februarie 2020
  • 2829
  • persverklaring



Die verhoging is presies in lyn met die aanbeveling wat deur die Kommissie oor die Nasionale Minimum Loon aan die minister van Arbeid en Indiensneming gemaak is.
 
Die kommissie het ‘n baie moeilike taak gehad om aan sy mandaat volgens die Nasionale Minimumloonwet te voldoen. Dit sluit in om aanbevelings aan die minister te maak wat beide die land se werkloosheidsyfer in ag sou neem en om ‘n balans te handhaaf wat verseker dat die nasionale minimum loon nie ondermyn word nie. Die gemiddelde VPI vir 2019 was 4,1%.
 
Dit is ‘n verligting vir die landbousektor dat die 90% vergunning steeds in plek gehou is. Die landbousektor is afhanklik van die vergunning as gevolg van die sektor se kwesbaarheid waarvan die voortslepende droogte die een van die grootste oorsake is.
 
Groeiende werkloosheid is egter die grootste drywer van armoede. Die impak van die minimumloon in die verband moet deurlopend gemonitor en geëvalueer word. Suid-Afrika kan nie verdere werksverliese bekostig nie. Begrip vir die omstandighede waarin boere hulself bevind, is daarom van deurslaggewende belang. Beskerm liefs werksgeleenthede deur vergunning aan boere te gee wat op die stadium nie die minimumloon kan bekostig nie.
 
Werkgewers wat nie in staat is om die minimumloon te betaal nie, kan by www.nmw.labour.gov.za aansoek om kwytskelding doen.
 
Navrae
Neil Hamman
Voorsitter: Agri SA Sentrum van Uitnemendheid – Arbeid en Ontwikkeling
(S) 082 808 3100