Senwes Equipment nou ook 'n handelaar vir John Deere konstruksie en bosbou-toerusting

  • 01 April 2021
  • 1888
  • nuus



Hierdie reeks sluit onder meer laaigrawe, grondverskuiwingstoerusting, padskrapers, gemotoriseerde laaigrawe, kruipskrapers en gespesialiseerde bosboutoerusting in.

As 'n eksklusiewe John Deere-agent beteken hierdie toevoeging nie net ʼn diversifikasie van Senwes Equipment se bestaande produkaanbod nie, maar vergroot dit ook sy bedieningsvoetspoor.

Volgens Ferdie Pieterse, Besturende Direkteur: Senwes Equipment, hou die uitbreiding van die John Deere-handelsmerk, en per assosiasie die van Senwes Equipment, groot potensiaal in vir hierdie nuwe en onderontginde markte. Ten einde die meeste van hierdie geleentheid te maak, sal Senwes Equipment voortbou op die bekende kwaliteit en prestasie van die John Deere-handelsmerk, uitsonderlike klanteondersteuning en innoverende toerustingtegnologieë. “Hierdie nuwe samewerkingsooreenkoms bevestig nie net Senwes Equipment se waarde as ʼn eksklusiewe John Deere-agent nie, maar stel ons ook in staat om as’t ware nuwe grond te breek deur ons impaksfeer te vergroot”, sê Ferdie.

Elke stuk John Deere-konstruksietoerusting sal ondersteun en nagesien word deur hoogs opgeleide en gesertifiseerde toerustingtegnici wat op hul beurt ondersteun word deur 'n netwerk van plaaslike  onderdele-verspreidingsentrums.

Hierdie nuwe reeks is beskikbaar by alle Senwes Equipment en JDI takke.

Vir enige navrae of bykomende inligting, kontak:

Ferdie Pieterse, 018 464 7653 of ferdie.pieterse@senwes.co.za.

Etienne Nel, 018 464 7526 of etienne.nel@senwes.co.za.

Antoon Smallberger, 018 464 7571 of  antoon.smallberger@senwes.co.za.