Senwes Grainlink | Groei jou loopbaan met graan

  • 17 September 2021
  • 1370
  • nuus



Een ding is seker: Senwes Grainlink is heel moontlik die antwoord waarna jy soek.

Die silobedryf as ʼn dinamiese beroepsveld

Beroepsmoontlikhede in landbou is nie net beperk tot boerdery nie, maar fokus eerder op die algehele voedselwaardeketting. Om dié rede sluit beroepsmoontlikhede alles in van tegnologie tot besigheidsbestuur, bemarking, verkryging, wetenskap, entrepreneurskap en navorsing, tot meganiese en elektriese beroepe.

Een so ʼn beroepsrigting is die van silobestuurder.

Volgens Pieter Malan, uitvoerende bestuurder: Grainlink Bedryf, kan die belangrike rol wat silobestuurders en -assistent silobestuurders in die gestanddoening van Senwes Grainlink se waardeproposisie, naamlik die veilige en effektiewe hantering en berging van graan, nie genoeg beklemtoon kan word nie. Hierdie bestuurders is daarom nie net kwaliteitskampioene nie, maar ook strategiese en operasionele rolspelers wat waarde tot die totale graanwaardeketting voeg.

Vir Graham Lottering, operasionele bestuurder: Grainlink Bedryf, is silobestuurders en -assistent silobestuurders twee van die belangrikste posisies in die graanbedryf, nie net vanweë hul uitsette nie, maar ook die kennis en vaardighede waaroor hulle beskik. Hy som dit op deur te sê dat as algemene bestuurders, hierdie twee persone graanspesialiste is wat vertroud is met elke faset van die besigheid, of dit nou finansiële bestuur, strategiese beplanning, ingenieursaangeleenthede of mensebestuur is.

#GroeiMetGraan

Die Senwes Grainlink #GroeiMetGraan inligtingsveldtog is onlangs van stapel gestuur, en het dit ten doel om nie net die belangrikheid van silobestuur te beklemtoon nie, maar ook die aandag te vestig op die verskillende beroepsmoontlikhede wat die graanbedryf bied.

Meer nog, sal die veldtog ʼn lansie breek vir silobestuurders, as belangrike rolspelers in die graanwaardeketting.

Behalwe vir onderhoude en video opnames met Pieter en Graham, sal huidige Senwes Grainlink silo- en assistent silobestuurders ook hul ervaringe oor dié dinamiese beroepsrigting met belangstellendes deel. Vir meer inligting oor beroepsmoontlikhede binne die Senwes Groep van maatskappye besoek www.groupcareers.co.za of Senwes se Facebookblad en volg die hutsmerke #GroeiMetGraan en #BestOfBothWorlds